Selfs in die middel van ons "jaar" is almal besig om die einde-van-die-jaar-ek-het-vakansie-nodig-gevoel te kry. Lekker klomp goed wat mens besig hou en ek kry nie tyd om die blogs op datum te bring nie. Partykeer wonder ek of dit nou regtig nodig is om so gereeld my foto-dagboek op datum te hou.
En dan lees ek vanoggend 'n stukkie wat se, elkeen "worship" God op 'n verskillende manier. Party sing, ander verf, ander bou, ander weer deur kreatief te wees, sommiges mediteer, ander dink, party diens .... julle kry die boodskap?
Ek dink vir myself een manier waarop ek kan worship in iets wat ek regtig geniet, is "worship deur die kamera lens". Ek's nie goed nie, en daar is nog baie om te leer, maar as ek so deur foto's kyk wat geneem is, kan mens God se hand en Sy Skepping in alles sien.
Vanaf Outjo tot by Hentiesbaai, het ons deur baie niks gery, maar ons kon die stilte hoor en Sy grootheid sien.
Hierdie is 'n "bushalte" op 'n "hoofroete" grondpad. As mens so kyk dan is die afleiding dat reen nie baie gereeld hier val nie.
Reg in die middel van waar daar baie niks is, staan hierdie winkeltjie met de naam "Hou moed". Ek wonder hoe hulle die naam gekies het. Waarvoor wil/wou hulle moed hou?
Die winkel se bure .... het hulle moed opgegee? Die boom het duidelik nie.
Water bring altyd hoop.
Partykeer is dit die pad wat die minste gebruik word, presies die pad wat mens moet vat.
Die eerste mens wat ons op die pad teekom. 'n Donkiekar met mamma-hond en haar babatjies op.
Nie lank daarna nie, sien ons die pad is eintlik besig want ons kom nog 'n padverbruiker tee.
Die pad loop dood in 'n rivierloop .... dis so mooi.
Hierdie mense het nesgeskop aan die voet van die koppie... Ons het met 'n 4x4 gery en ek wonder hoe hulle oorspronklik met die karavaan daar gekom het.
En dan in die "harde" woestynwereld orals die stalletjies waar klippe verkoop word en baie hulle bestaan mak.
Is daar in enige van die foto's een waar jy God se handewerk kan sien? Ek dink as mens kyk, sal jy dit orals en enigeplek sien - en met die kamera en foto's kan ek myself weer daaraan herinner.
Sondagaand is dit Elriza se beurt om in die kerk te preek en ons maak ook kennis met Vicky se plaasbakkie ... wat vir baie pret sorg want ons moet mooi voor in pas. 
Maandagaand praat Elriza met die tieners en deel haar getuienis en die praatjie word baie positief geneem. Daar is geen kans om daarna huistoe te gaan nie, want sy word oorval met tieners wat wil praat. Dit het voortgegaan tot laat in die aand. So tussen al hierdie dinge het ons ook so bietjie met van die inwoners in die dorp gepraat en berading gedoen.
Vicky verjaar ook intussen en haar vriende reel 'n ontbyt by een van die lodges en ons kuier baie lekker saam. Almal kry die geleentheid om hand by te sit om die ontbyt te maak.
Ons kuier vreeslik lekker hier op die dorp en maak baie nuwe vriende. Dis regtig 'n spesiale plek hierdie :-).