Wednesday, November 23

Niks kan ook mooi wees


Selfs in die middel van ons "jaar" is almal besig om die einde-van-die-jaar-ek-het-vakansie-nodig-gevoel te kry. Lekker klomp goed wat mens besig hou en ek kry nie tyd om die blogs op datum te bring nie. Partykeer wonder ek of dit nou regtig nodig is om so gereeld my foto-dagboek op datum te hou.


En dan lees ek vanoggend 'n stukkie wat se, elkeen "worship" God op 'n verskillende manier. Party sing, ander verf, ander bou, ander weer deur kreatief te wees, sommiges mediteer, ander dink, party diens .... julle kry die boodskap?


Ek dink vir myself een manier waarop ek kan worship in iets wat ek regtig geniet, is "worship deur die kamera lens". Ek's nie goed nie, en daar is nog baie om te leer, maar as ek so deur foto's kyk wat geneem is, kan mens God se hand en Sy Skepping in alles sien.


Vanaf Outjo tot by Hentiesbaai, het ons deur baie niks gery, maar ons kon die stilte hoor en Sy grootheid sien.


DSC_0079


Hierdie is 'n "bushalte" op 'n "hoofroete" grondpad. As mens so kyk dan is die afleiding dat reen nie baie gereeld hier val nie.


DSC_0081


Reg in die middel van waar daar baie niks is, staan hierdie winkeltjie met de naam "Hou moed". Ek wonder hoe hulle die naam gekies het. Waarvoor wil/wou hulle moed hou?


DSC_0085


Die winkel se bure .... het hulle moed opgegee? Die boom het duidelik nie.


DSC_0094


Water bring altyd hoop.


DSC_0103


Partykeer is dit die pad wat die minste gebruik word, presies die pad wat mens moet vat.


DSC_0107


Die eerste mens wat ons op die pad teekom. 'n Donkiekar met mamma-hond en haar babatjies op.


DSC_0111


Nie lank daarna nie, sien ons die pad is eintlik besig want ons kom nog 'n padverbruiker tee.


DSC_0118


Die pad loop dood in 'n rivierloop .... dis so mooi.


DSC_0142


Hierdie mense het nesgeskop aan die voet van die koppie... Ons het met 'n 4x4 gery en ek wonder hoe hulle oorspronklik met die karavaan daar gekom het.


DSC_0150


En dan in die "harde" woestynwereld orals die stalletjies waar klippe verkoop word en baie hulle bestaan mak.


Is daar in enige van die foto's een waar jy God se handewerk kan sien? Ek dink as mens kyk, sal jy dit orals en enigeplek sien - en met die kamera en foto's kan ek myself weer daaraan herinner.


Friday, November 18

Ons maak nog steeds kennis met nuwe plekke

Na die reservaat slaap ons oor by 'n tent-lodge Monjila so 30km van die hek af en dis 'n heerlike ondervinding.


Page1_0


Ons is die enigste mense die aand daar en word lekker bederf met aandete. My tent-maat vir die aand besluit ons slaap met oop vensters en gedurende die nag is sy heelpartykere wakker met al die diere-geluide. Sy vertel nou vir almal dat tannie Sandra nie verskriklik belanggestel het in haar "luister tannie" nie, en net deur die slaap geantwoord het "ja ek hoor".


Page2_0


Weereens is die sonsondergang verskriklik mooi en die "klein pastoortjie" soos die mense van Outjo haar noem, neem baie daarvan :-).


Page3_0


Die volgende oggend moet daar vroeg gery word, maar nie voordat Elriza kans kry om haar preek vir later die oggend deur te gaan nie. En hoe lekker kan dit wees om sommer so tussen die grootheid van Sy Skepping dit te sit en doen nie. Daai bok het sommer oppad terug langs die pad oor die heiding gespring en ons kon hom sommer in die ry vang.


Page4


Terug word daar huiskerk diens gehou en die volgende dag is nog vol met beradings en die aand wys ons vir die mense foto's van waar ons vandaan kom. Ons groet die dorp en sy mense wat in so 'n kort tydjie diep in ons harte gekruip het.


Voordat ons terugvlieg word die pad Windhoek toe aangepak deur 'n paar plekke wat ons net moet sien. Kyk hierdie Namibiers is baie trots op hulle woestyn .... En ons is nie een oomblik spyt daaroor nie. Wat ons ook hier gesien het, is dat mens by elke dorpe moet stop vir koffie want hulle is ver uitmekaar uit. Volgens Paul, kan Vicky 'n twee uur roete in sewe uur doen met al haar koffie stoppe :-)


Page5_0


Koffie by die Vingerklip lodge waar ons uitkyk oor die 35m hoe Vingerklip wat ook as die "Kalk kegel" of "limestone skittle" bekend staan. Hierdie baie bekende landmerk is baie jare terug gevorm deur die erosie van die Ugab rivier. Die lodge het 'n wonderlike uitsig op die klip. Bo in die middelste foto is die Eagle's Nest restaurant want mens kan besoek as jy die trappe op die regterkantste foto klim. Die uitsig is blykbaar die moeite werd na al die klim.



Page6


Die swembad was baie aanloklik in die hitte. Aan die anderkant van die klip is die Ugab terrace lodge wat op die plato gelee is. Vicky vertel dat daardie donker merke op die berg die plekke is waar die watervalle is tydens die reenseisoen. Mens kan net dink hoe dit dan daar moet lyk. wo kry ook kans om van die semi-nomadic Himba mense foto's te neem. Hulle is hoofsaaklik van die Kaokoland en smeer rooi klei en dierevet oor hulle lyf om hulle van die son te beskerm. Hierdie tradisie word al vir geslagte geval. Hulle smeer dit ook op hulle hare en vir "mooi lyk" word "koei-sterte" aan die onderput vasgemaak.

Alles is so 'n amazing ondervinding en ons was baie opgewonde oor wat die res van die rit inhou, maar daarvan vertel ek volgende keer.


Lekker naweek almal van julle!


Tuesday, November 15

Eerste besoek aan Etosha

Ek het omtrent lanklaas geblog en dis seker tyd dat ek my foto dagboek op datum bring. So tussen ons "werk" in Namibia is ons ook lekker bederf en kon ek vir die eerste keer die Etosha Nasionale Park besoek. Outjo is redelik naby aan dit, en die pad deur die dorp is lyk my die pad wat almal moet ry as hulle na die Park toe gaan.


Page1


Ons was baie opgewonde en die eerste diere wat ons sien .... leeus! Dit was ook die laastes toe ons later weer uitgery het. Waar die rooibokke in die Kruger Park orals is, was dit met ons besoek aan Etosha die jakkalse - hulle was omtrent orals!


Page2


Dit lyk beslis nie soos iets wat ek al gesien het nie en die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit grassoorte, savanna en natuurlik Mopanie bome.


DSC_0093


Etosha beteken "place of dry water" en hulle het 'n groot pan waar die diere kom water drink - as daar water is.


Page3


Ons het een van die kampe besoek, Okaukuejo en ek was baie beindruk. Deel van die kamp is 'n groot watergat met heelwat plek waar mense kan sit en kyk na die diere.


DSC_0138


Natuurlik ook 'n baie veilige vliegveld met die sekuriteitjakkalse aan diens.


DSC_0157


Die ou grootte was alleen en het vir ons groot vermaak verskaf terwyl hy stadig oor die pad gedrentel het.


DSC_0164


En soos altyd was die jakkals gou by om hom geselskap te hou.


DSC_0229


Alhoewel daar baie diere in die park is/was, het ons glad nie groot troppe gesien nie, maar darem soorte en die rede is hoofsaaklik die groot brand wat driekwart van die reservaat afgebrand het.


Page5


Hier kan julle sien, die foto's is nie swart en wit nie, maar met die zebras in die gebrande stukke lyk dit so. Selfs die springbokke was swart van die roet. Die brand het verlede maand gebeur en mense vertel dat diere in vlamme gevlug het en toe geskiet moes word.


Dit was so lekker om weer in 'n reservaat rond te ry en ek hoop dat ek weer 'n geleentheid sal kry. Ek glo ook dat met reen die groot gebrande stuk grond, binnekort mooi groen sal wees.


Lekker week vir julle


Saturday, November 5

Elke dag iets nuuts

Ons tydjie in die klein dorpie van Outjo is lekker besig. Die hoofdoel van ons besoek was om te kyk na moontlike projekte waarmee ons in die toekoms kan help en aan gaan werk en terwyl ons dit doen, is daar ook bykans al om die twee uur berading wat gedoen word.

Page2


Iets waarvan ons net nie genoeg kry nie, is die lekker buitewees en wakker word met al die dieregeluide en selfs "Drummer" (die great dane) wat ook wil he Elriza moet opstaan en kom speel. Ons ontmoet die twee dogtertjies wat ons kindergroep "aangeneem" het en kuier lekker saam met hulle en met een van die vroue selgroepe in die dorp.


Tydens ons tydjies saam met vroue, kinders en tieners van die dorp ervaar ons Outjo. 'n Klein dorpie waar daar baie werkloosheid en seer is, maar ook 'n omgee vir mekaar. Na die paar daggies kan ons en die bakkie nie juis dorp toe ry sonder om heeltyd vir almal te waai en groet nie. Almal weet by noual van ons en ons voel soos ou vriende :-).


Page3



Ons besoek die Maarssens Boesmanskooltjie. Hierdie skool is oorspronklik gestig om wees en straatkinders 'n plek te gee waar hulle kan leer. Ons is beindruk met 'n baie dinamiese skoolhoof wat vir "haar" kinders net die beste wil gee. Die skool het so 400 leerlinge waarvan meer as 200 kinders sonder ouers is, met die res van baie arm ouers. Maar die skoolgebou word so netjies gehou deur die skool en gemeenskap. Een van die projekte waar ons graag mee wil help volgende keer is hulp met die inrig van 'n kombuisie. Op die foto's kan julle sien hoe netjies die skool instand gehou word, bo regs die swartpot waar die kinders se een maaltyd van die dag ...pap gemaak word, onder links die boom waar hulle sit en eet in die hitte en regs onder die sportveld.


Page4


Die kinders is so geesdriftig om te leer en die onderwysers probeer met die bietjie hulpmiddels wat hulle het klaar te kom. In een van die klein klassies het die juffrou die klaskamer klein hoekies gemaak waar kinders oa kan leer van hulle self versorg, mediese versorging en kos koop. Daar spesifiek is ou en lee blikkies en boksies sodat die kinders kan leer wat om te koop. Dit was nogal sleg om te sien dat die blikkies bv ou gebruiktes is wat reeds oopgemaak is en dus die kleintjies lelik kan sny. Die skool het ook 'n bid tuintjie.


Page5


Ons word ook bederf met 'n heerlike wildrit by een van die lodges en Elriza help met die voer van die volstruise en die jagluiperds ... laasgenoemde darem op 'n afstand.


Page6


Dis 'n wonderlike ervaring.


Ons kry ook weer kans om by die skool te gaan help en kos aflaai en spandeer baie tyd in die "tee/biertuin" op die dorp waar ons baie mense ontmoet vir koffie en gesels voordat ons met hulle kinders praat. Ek dink ook ons kry byna die "onmoontlike" reg om vir 'n besige, lewenslustige, aktiewe Vicky moeg te kry :-).

Dit is mooi wereld hierdie en ons word regtig gebless om alles te kan ervaar.


Tuesday, November 1

En die "werk" begin

En na 'n heerlike rustige Saterdag besoek ons die volgende dag die plaaslike NG kerk. Die hele gemeente daag in rooi hemde by die kerk op en die beste wat ons kan doen is wit, dus sien hulle gou wie is die "nuwe" mense in die dorp. Ons is gebless om op die Sondag die kerk vir die eerste keer in 'n baie lang tyd volgepak te sien en die diens was baie besonders. Ons kry so 'n indruk oor die dorp en sy mense en kan sien dat dinge werklik aan die gebeur is hier. Moet byse ek het lanklaas soveel mense hoor Afrikaans praat :-). Sondagaand is dit Elriza se beurt om in die kerk te preek en ons maak ook kennis met Vicky se plaasbakkie ... wat vir baie pret sorg want ons moet mooi voor in pas.


Die volgende dag is dit so besonders om wakker te word met al die dieregeluide en daar is kans om met die plaaswerkers te praat. Maandagaand praat Elriza met die tieners en deel haar getuienis en die praatjie word baie positief geneem. Daar is geen kans om daarna huistoe te gaan nie, want sy word oorval met tieners wat wil praat. Dit het voortgegaan tot laat in die aand. So tussen al hierdie dinge het ons ook so bietjie met van die inwoners in die dorp gepraat en berading gedoen. Vicky verjaar ook intussen en haar vriende reel 'n ontbyt by een van die lodges en ons kuier baie lekker saam. Almal kry die geleentheid om hand by te sit om die ontbyt te maak. Ons kuier vreeslik lekker hier op die dorp en maak baie nuwe vriende. Dis regtig 'n spesiale plek hierdie :-).