Sunday, March 5

Hy praat met my in 'n pyl en boog ongeluk


Die afgelope week het sy kwota drama opgelewer, en een daarvan was, iemand wat met reg my tweede ma genoem kan word, wat met 'n frats ongeluk deur 'n pyl gewond is. Die pyl is die eenkant van haar sy in, en die ander kant uit, met die res wat natuurlik iewers in die middel vassit.  'n Noodoperasie later en gate in die derms wat deur die pyl veroorsaak is.  Sy is op die oomblik stabiel en beter en ons bid net dat daar geen infeksie is met al die slegte vloeistof wat uit die derms deur die 8 gate uitgeloop het nie. 
Ek kan nie vir julle se hoeveel keer terwyl ek die storie vertel of daaraan gedink het ek nie ook gedink het aan Jesus wat ook n steekwond in Sy sy gekry het nie.  Ons was so bekommerd oor haar minute nadat dit gebeur het en natuurlik nog steeds.  Ek kan my nie eers begin indink hoe God moes voel terwyl Hy moes toekyk hoe Sy Seun aan die kruis sterf nie.  Hoe Hy moes kyk hoe hulle Jesus in Sy sy steek.   Pyn, en dan praat ons nie eens van die spykers in Sy hande en voete nie. Pyn vir my.

For God so loved the world that He gave His one and only Son, that whoever believes in Him shall not perish but have eternal life. - John 3:16

En dit alles vir my en jou!  Dat Hy ons so lief het!  Dat Hy die wereld so lief het!  Sodat ek, 'n sondaar verewig by Hom in die hemel kan wees.  Onbeskryflik groot!                              

1 comment:

Anonymous said...

Dink aan haar en hoop sy word vinnig beter. ... Beautiful boodskap wat jy daar uit geneem het