Die afgelope week het ek heelwat tyd in dokters spreekkamers deurgebring terwyl ek my ma vir verskillende toetse geneem het. Die spreekkamers was anders as waaraan ek gewoon is, want dis meestal ouer mense (ja nog ouer as ek). Party saam met familie en ander stoksiel alleen. Die feit dat baie kinders en kleinkinders gerieflikheidshalwe van hul ouers en groot ouers vergeet en iets wat ek baie hier sien, is 'n skrywe vir 'n ander dag.
Terwyl my ma met die toetse besig was, kon ek hulle rustig dophou. Op meeste van hulle kon mens pyn, angs en selfs twyfel sien en ek het gewonder is dit is omdat hulle die uitslae vrees of omdat hulle alleen was. Is hulle gered? Weet hulle waarnatoe hulle gaan na hul dood? Het hulle 'n verhouding met God? MAAR ... Behalwe vir daardie gesigte, was daar ook die waarop daar groot vrede en vreugde te midde van die siek wees gewys het.
Dit het my laat wonder oor myself en nog ouer word en wie weet dalkies ook die hulp en nabyheid van my kinders gaan nodig he. Sal my getuienis so wees dat die vrede van ons Pa op my gesig wys? Sal my kinders vrede he in die wete dat ek soos in 2 Tim 4:7 kan se: Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
Ek weet nie van jou nie, maar dis 'n vrede wat ek graag sal wil uitstraal en wil kan se "ek het die geloof behou".
3 comments:
Hi Sandra
Hierdie is 'n spesiale post en iets waarmee ons almal eendag mee sal moet vrede maak. Dankie vir die inspirasie.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}
Dankie Desire. Lekker om van jou te hoor :-). xx
Hi Sandra
Ek weet nie of jy my nog sal onthou nie. maar ek sal jou nooit vergeet nie! 'n Hele klompie jare terug het jy so dierbaar vir my n pakkie Suid-Afrika toe gestuur. Daar was ietsie in vir al die kinders. Ons het dit almal so baie waardeer. Ek het later opgehou met blog, deur baie moeilike tye gegaan maar jou blog was altyd so lekker om te lees- al jou avonture in Abudabi.
Baie dankie vir die mooi mens wat jy is. xx
Post a Comment