Die afgelope week het sy kwota drama opgelewer, en een daarvan was, iemand wat met reg my tweede ma genoem kan word, wat met 'n frats ongeluk deur 'n pyl gewond is. Die pyl is die eenkant van haar sy in, en die ander kant uit, met die res wat natuurlik iewers in die middel vassit. 'n Noodoperasie later en gate in die derms wat deur die pyl veroorsaak is. Sy is op die oomblik stabiel en beter en ons bid net dat daar geen infeksie is met al die slegte vloeistof wat uit die derms deur die 8 gate uitgeloop het nie.
For God so loved the world that He gave His one and only Son, that whoever believes in Him shall not perish but have eternal life. - John 3:16
En dit alles vir my en jou! Dat Hy ons so lief het! Dat Hy die wereld so lief het! Sodat ek, 'n sondaar verewig by Hom in die hemel kan wees. Onbeskryflik groot!
1 comment:
Dink aan haar en hoop sy word vinnig beter. ... Beautiful boodskap wat jy daar uit geneem het
Post a Comment