Sunday, July 20

Ons besoek die Citadel en Romeinse Theater in Amman

Baie, baie opgewonde oor ons toer na twee van die Bybellande, met 'n klein bietjie onsekerheid oor die besoek aan 'n land wat hier waar ons bly, glad nie op 'n wereldkaart verskyn of vir hulle bestaan nie.  Oorlog dreig ook nog aan die eenkant, maar niks kan ons opgewondenheid blus nie.  

Vir die reis het Elriza ook spesiaal vir ons 'n bybelstudie geskryf en ek sal so tussen die vertel en foto's daarvan ook insit en deel.  Die studie het reeds 'n dag voor die vertrek begin en dus is ons nog meer opgewonde oor ons eerste stop.  Ons voete het skaars grond gevat en bagasie afgelaai, toe is ons oppad na ons eerste bestemming.
DSC_0014
Ons verkyk ons aan Amman, die huise en die bedoeine sommer so tussen die huise.  Hier is oud en nuut sommer by en deurmekaar.  Met ons studie kry ons bietjie agtergrond oor Amman en dat dit in Jesus se tyd Philadelphia genoem is. Ons eerste stopplek is die Citadel wat reeds in die Bybelse tyd bestaan het.  Dit Citadel is op een van die heuwels in die middel van die stad gebou en van die opgrawings dateer meer as 7000 jaar terug.   
DSC_0085
Ons kyk na die ou water stelsels wat hulle opgegrawe het, die Byzantine kerk en loop in dele van die Ammonite paleis wat opgegrawe is rond.   
DSC_0110

Hier staan Elriza en Charmaine by dele van die Umayyad moskee wat opgegrawe is.  
DSC_0115

In die Umayya gateway spandeer ons nogal baie tyd.  Dit was die ingang na die Umayyad paleis waar besoekers moes wag voordat hulle die paleis kon binnegaan.   
Page1

Dit is werklik iets besonders en as die "hek" so gelyk het, kan ek my net effens indink hoe die paleis was.
DSC_0118

Daar is ook wingerde en vrugtebome so tussen al die oud, en hierdie granaatboom was propvol vrugte. 
DSC_0121

'n Paar pilare van die tempel van Hercules staan nog.  
DSC_0126
DSC_0132

Hier kan jul nog 'n paar van die opgrawings rondom die tempel sien.  

DSC_0139

Ons besoek ook die Argeologiese museum wat in 2009 'n bietjie van 'n facelift gekry het.  Hier kan mens opgrawings sien wat oor die 7000 jaar oud is, baie van die Brons en Iron age gedurende die tydperk van die Ou Testament.  Dit is in die Citadel perseel.
DSC_0153

Dele van die Byzantine kerk wat opgegrawe is.  
DSC_0172
En net om te wys hoe groot, hoog die tempel van Hercules is.  

Page2

Ons laaste stopplek vir die dag is die Romeinse theater.  Hier is die godin Athena ook geworship en mens kan 'n "shrine" vir haar sien (op die foto, bo regs).  

'n Vol eerste dag met so baie wat ons moes inneem, en more en die ander dae le nog voor ...

5 comments:

nikita said...

Wow, asemrowend, ek sal nou graag die plek wil besoek. Dankie vir die foto's, dis pragtig.

Karen Nieuwoudt said...

Hoe verlang ek nou. Ek het n jaar en n half in Tel Aviv gebly. Kan nie wag om die res te sien wat julle ervaar het nie!

Sandra said...

Nikita dis 'n wonderlike plek om te besoek, net jammer hulle geldeenheid so sterk teen die rand.

Sandra said...

Karen kan nie glo jy het solank daar gebly nie :-).

Cjdusse said...

Sjoe maar Hercules se tempel was hoog en groot ne. So interessant om al die plekke saam met julle te sien.