Friday, July 25

Bomskuiling, ongeluk en toe die see ...

Dis heeltemal nie ek om vir die grootste deel van die dag, op vakansie, geen foto's te neem nie, maar dinge was nie heeltemal maklik toe ons in Jerusalem wegry met ons gehuurde motortjie oppad Tiberius toe nie. Tel Aviv, 'n stad wat ons wou mis ry weens die misiel-aanvalle daar, is die plek wat ons moet stop vir 'n padkaart.  Padaanwysings is swak, malls is kantore en mense praat nie engels nie, ons sukkel.  'n Klein reisagentskap kom tot ons redding met 'n kaart en die sirenes begin afgaan.  Almal spring op ... come come se hulle en daar gaan ons straat af na 'n skuiling, saam met klomp ander kantoorwerkers, tot dit veilig is.  Die mense vat dit heel casual, want hulle doen dit 'n paar keer op 'n dag.  Met die kaart in die hand en glad nie veilige gevoel nie, besluit ons om so gou moontlik uit die stad te kom.  Maar selfs voor ons daar is, is daar nog 'n aanval en hierdie keer skuil ons saam met ander onder 'n brug.  Toe 'n vrou se stem hard oor luidsprekers oor die stad begin praat, besluit ons dit beteken seker alles is veilig en kan nie gou genoeg in die motor kom en die pad uit Tiberius toe soek nie.  

Dis een ding wat my opgeval het, dat in hierdie toestand van oorlog, daar nie regtig aan toeriste gedink word nie, tensy mens die taal verstaan ... toegegee daar is hier en daar 'n plakkaat in engels wat se waar 'n bomskuilding is, maar as jy nie die stad ken nie, help dit niks.  Nie 'n stad waar ek sal wil bly nie en sonder om iewers kant te kies teen die oorlog wat nou aangaan ... as die land nie 'n goed toegeruste weermag gehad het wat die klompe misiele daagliks afkeer nie, was dorpe soos Tel Aviv seker al plat.  

Nog is dit einde niet, want daar is nie 'n pad uit nie :-)!  Ons stop en vra en eintlik kry ons dit, net om die volgende oomblik 'n bus te he wat uitdraai reg binne ons vas.  Terugkyk nou, kon ons seer gekry het want dis nogals 'n lelike duik, maar ons is beskerm.  Die busbestuurder blameer ons, sy engels sleg, maar gelukkig het 'n passasier gesien wat gebeur het en ons kan 'n naam en nr kry.  Ek vra nog ewe of ons die polisie moet bel, soos wat dit in SA en UAE gebeur, maar die jongman se, "die polisie het veel ernstige dinge soos 'n oorlog om te baklei, ongelukke is niks".  :-)

Ons bestuurderes, Charmaine kry ons veilig uit die dorp!  Soos ons ry, sien mens name van plekke wat jy nog net gelees het van, en agter in die motor sit 'n ensiklopedia met die naam van Elriza, wat ons vertel van berge, dorpe en wat daar gebeur het in die Bybelse tyd.  

As kinders het ons altyd gekyk wie sien die see eerste, en met dieselfde opgewondenheid na 'n paar uur se ry sien ons die See van Galilea!  
Page1
Ons kon nie gou genoeg afpak en ry om te gaan kyk nie.  Galilea, die plek waar Jesus meeste van Sy tyd op aarde gespandeer het en waar Sy bediening was.  Ongelooflik om daar te kan staan!
Page2
Ons kry die aand die oulikste eetplekke buite op die see om te eet en natuurlik is daar van ons wat onmiddelik die tradisionele varswater vis van die See van Galilea, die St.Peter's vis, moet eet.
Page3

Die volgende dag besoek ons Capernaum, daar waar Jesus vir Peter gese het "volg My" en ons kyk weer uit oor die see waar Hy die storm stilgemaak het en ook op die water geloop het.  Anders as in van die ou stede waar ander plekke bo-op die ander gebou is, is die see nog die see waar alles gebeur het.  Ons raak stil.  
Page4

Hierdie kerk is herbou op oorblyfsels van 'n vorige kerk.  'n Kerk op 'n rots.  Elriza staan hier by van die trappe van die vorige kerk.

Page5

Ons besoek vinnig die plek waar Jesus die bergrede (Matt 5-7) gepreek het, maar dis gesluit .... sal weer kom.
Page6

'n Draaitjie by die Ancient Galilee Boat museum.  Op die foto bo links 'n boot wat hulle uit die water gehaal het en wat dateer uit die tyd 40vC.

Page7

Hier is nog van die mosiak kunswerke aan die buitekant van die museum.  Kan julle sien watter storie dit uitbeeld?
Page8

Ons geniet die omgewing van die See van Galilee verskriklik baie en die volgende dag is dit tyd vir ons rit op 'n dhow op die see.

DSC_0442ii

Vandag maak mense gebruik van ander manier om op water te loop.

Page9
Ons boot se naam is Faith en dis die enigste boot wat deur Christene gestuur word op die meer.  Ons vaar 'n ent in die see in en luister na 'n kort boodskap uit Mattheus.  Daarna wys Daniel vir ons hoe hulle destyds visse gevang het, en sowaar ons vang ook een vissie :-).  Na dit lei hy worship van 3 liedjies, ek sal more probeer om een op te sit dat julle kan luister.  
Page10
Van die kunswerke rondom die museum en by die see.  Hierdie was so 'n spesiale paar dae sover ... ons geniet die omgewing, Tiberius en die See verskriklik baie.

4 comments:

retha said...

My goeiste Sandra! Hoe is dit dat ek vir maande niks gesien het nie. Ek sal moet kom sit en lees en lees.

Sandra said...

Lekker om van jou te hoor Retha! Hoop dit gaan goed daar! xx

Karen Nieuwoudt said...

Nou is my hart gebreek. Dis so jammer dat julle nie die ware Tel Aviv kon beleef nie. Ek het 1998-1999 net buite Tel Aviv gebly. Daai jare was daar nie oorlog nie. Tel Aviv het een van die mooiste strande. Jy kon vir kilometers ver van Tel Aviv na die ou stad Jaffa toe stap op die strand. Daar was n Britse restaurant, The Busstop, op die strand wat die enigste plek in Israel was waar jy n regte bacon en eier ontbyt kon kry. Ons het baie nagte deurnag op die strand gekuier en gewag dat hulle oopmaak vir ontbyt.
Ek moet sĂȘ ek moes baie vinnig in my tyd daar leer Hebreeus praat. Mens kom nie ver as jy nie die taal kan praat nie.
Galilia is besonders. Bly dat dit nog ongehinderd bly.

Sandra said...

Die mense in Tel Aviv was vir ons sulke ernstige mense - mens kan sien en voel dat hulle in oorlog is, kan nie lekker wees om elke twee uur of korter iewers te moet skuil nie.