Tuesday, July 22

Grensposte en die pad van die Goeie Samaritaan

Ons is opgewonde oor die dag, maar 'n bietjie gestress oor wat voorle.  Ons loer na die nuus met een oog en sien dat die oorlog in die land waarna ons oppad is, besig is om spoed op te tel.  Maar ons troos onsself dat hulle mos nie mense deur die grens sal laat gaan as dit gevaarlik is nie.  
DSC_0448
Dus 'n goeie ontbyt wat ons deur die hele dag moet dra, wie weet hoe lank dit by die grenspos gaan wees.
Page1

Ons het 'n goeie gids/bestuurder wat ons die laaste entjie in Jordan rondry en ons by die grenspos gaan besorg.  Hy gee vir ons 'n papier wat die prosedures mooi verduidelik oor wat ons kan en nie moet doen nie. Tussen-in verkyk ons ons aan die heeltemal ander landskap as wat ons die vorige dag oppad Petra toe gesien het.  
Page2

Laaste foto'geleentheid voordat ons die kamera moet bere vereers.  Aan Jordan se kant is die gids die heeltyd by ons en help en verduidelik wat en hoe.  By elke venstertjie moet mens geld uithaal en betaal vir ek weet nie wat nie, maar ons doen dit met 'n glimlag en se vir almal om asb nie die paspoort te stempel nie. Elke keer as ons 'n stempel hoor, kyk ons benoud vir mekaar, maar gelukkig is dit nie in ons paspoorte nie. Dan op die bus en weer moet ons betaal om ons bagasie ook saam te neem, gordyntjies styf toe dat ons nie kan sien nie en oor die grens.  

Aan die ander kant is daar lang deurmekaar toue en ons kry warm ... betaal weer om die bagasie afgelaai te kry.  Drie verskillende lang toue later, met 'n genadiglike skoon paspoort sonder stempels is ons deur met geen bestuurder insig nie.  Hierdie mense is so ernstig en moet nie probeer om iewers 'n telefoon in die hande te kry nie ... hulle vra eers waarom en dan vertel hulle jou mooi in swak engels, sit en wag.  Vir die wat nie weet nie, ons moes ons simkaarte verwyder want ons mag nie daar wees nie, anders kan ons nie teruggaan nie.  Die bestuurder is 20 min laat, maar hy se "only 20 min" so dis nie te sleg nie.  
DSC_0049
Met waarskuwings om te minste uit die Wesbank weg te bly, weet ons dat ons 'n paar plekke nie sal kan besoek nie.  Ons vra versigtig of ons dalkies in Jerigo sal kan ingaan.  Ons bestuurder ken omtrent elke persoon in die dorp en ons kry die geleentheid waaroor ek baie bly is, want later weens die oorlog is die dorp toe en niemand kan ingaan nie.  Die strate is maar stil en mens kry alreeds die gevoel dat die oorlog 'n groot rol speel in die dorpies se inkomste van toeriste wat baie afgeneem het.
DSC_0009

Ons eerste "amptelike" stop in die Beloofde land is veronderstel om Herod se winterpaleis te wees, maar ek dink nie dit was heeltemal dit nie.  Nogtans iets besonders om te sien.
Page4
Dis baie warm, maar ons stap deur al die opgrawings deur.

Page5
Daar het nie baie oorgebly nie, maar hulle is besig om te restoreer te midde van al die oorlog wat hier aangaan.  Gedurende 1600 BC is die dorp ook heeltemal vernietig.
DSC_0040
Een van die oudste stede in die wereld, alhoewel hulle glo hulle is die oudste stad in die wereld. In die Bybel lees ons van Jerigo en Herod se winterpaleis en ons lees ook dat Jesus 'n blinde man hier genees het.

DSC_0041
Hulle se ook dat dit die laagste plek onder seevlak in die wereld is en aan die hitte gemeet, kan dit nogal waar wees.
DSC_0051
Na 'n bietjie inkopies, so bly ons kon van dit in hierdie dorpie doen, verlaat ons die Stad van die Maan in die rigting van Jerusalem.  Dit lyk nou baie anders, maar ons studie herinner ons ook dat die storie van die Goeie Samaritaan tussen die twee dorpe plaasgevind het en die berg agter Jerigo is waar Jesus versoek is (Lukas 4).
Page3
'n Vol dag van grensposte en plekke sien, en ons kom eintlik by ons blyplekkie aan.  Dis so half onder diegrond wat later 'n groot hulp blyk te wees en net 5 min se stap van die ou stad.  Ons sien uit na more!

3 comments:

Cjdusse said...

Dankie ek geniet julle foto's en die inligting baie. So 'n kosbare land wat diep gewortel is in geskiedenis en die Woord.

Sandra said...

Mens kan dit verseker sien en voel Carin.

Cjdusse said...

Ai ek voel skoon tranerig as ek so na julle foto's kyk... iets echo in my gees - seker omdat ek LAAAAAANK gelede daar was en iets van die belewenis daarvan in my hart agtergebly het en natuurlik omdat ons so in die Woord die realiteit van die geskiedenis lees.