Monday, November 25

Kuier op die Logos boot


Na ons lekker kuier rondom die braaivleis met die Saffers van die boot, word ons uitgenooi om hulle op die boot te besoek.  Die boot het 'n lang geskiedenis en storie wat julle gerus op hulle webblad Logos Hope gaan lees.  
Page1_0

Die Abu Dhabi winters is nou hier en dis regtig 'n pragtige aand.  Ons geniet die liggies terwyl ons wag vir die res van die groep om op te daag.  

Page2

Dis lekker om die klomp van die boot weer te sien en ons geniet 'n heerlike aandete saam met van hulle. Hulle word gepepper met vrae en is meer as gewillig om al die stories te vertel.  
Page3_0

Ons kry 'n toer deur die boot en wat vir my hierdie keer uitstaan is die besoek aan die "skool" vir die mense op die boot se kinders.  Die vorige keer het ons dit nie kom sien nie - dus was dit baie spesiaal.  Een van ons gasvrouens Carlien het twee kinders wat sy op die boot grootmaak en alhoewel ek baie seker is, dis geen maklike taak om dit te doen nie, kan ek net dink watter wonderlike geleentheid dit vir die kinders is.  
Page5_0

Die wat nog nie die boot getoer  het nie, luister aandagtig na die wonderlike werk wat hulle by die hawes waar hulle aandoen doen.  Behalwe vir hulle ongelooflike groot book fair waar ons behoorlik geshop het - teen 'n uitstekede prys, help hulle ook by sekere hawens met mediese hulp, uitreike in hulle op en van die boot en nog vele meer.  Gaan lees bietjie daaroor.  

Die mense op die boot is almal vrywillig Christene wat deur mense, instansies en kerke geborg word om die werk te kan doen.  Ons het net die Saffers en Namibiers kon ontmoet, en kon sien hoe passievol hulle is om Sy boodskap aan almal oor te dra!   

2 comments:

retha said...

Vir seker 'n groot werk om seker te maak mens se kinders val nie in die water nie. ;o)

Sandra said...

Hi Retha, lank laas gesels :-). Ja daai kindertjies op die boot weet van waterloop :-)