Monday, August 26

Nuwe dieet en evangelieboodskap

Meeste van die bedieningspunte word besoek, een daarvan die tronkbediening waar Elriza ook kans kry om met die gevangenis te praat en 'n kort boodskappie te lewer.
Page8
Een van die hoogtepunte was toe ons kans kry om by die skooltjie 'n les aan te bied.  Hierdie skooltjie het net 80 weeskinders (20 in elke graad vanaf KG).  Wat so besonders is van die skool is dat nuwe inname is net in KG (Graad 0) en die ander is dus al almal 'n jaar of drie deel van die skool en mens kan dit sien.  Hierdie kinders is ongelooflik gehoorsaam, hulle Engels is goed en hulle het so goed saamgewerk. Maar eers is daar baie voorberei om die Evangelie boodskap so eenvoudig moontlik vir hulle aan te bied.  


Page9

Charmaine bied die les aan terwyl die res van ons almal help om die kleurkrale uit te deel en later in 'n armband te ryg.  Die kindes geniet hierdie aktiwiteit verskriklik baie en hoe baie sal ons later sien. 
Page10
Na die les en lekker sing is dit pouse by die skool en oppad na ons kamer sien ons hoe die kinders wat die lessie bygewoon het, by maatjies sit en die boodskap met hulle deel terwyl hulle die kleure op hul armband verduidelik.  
Page3

En die kinders laat nie maklik 'n geleentheid om vasgehou te word verbygaan nie.  Nelmari en Daleen was net te gewillig om hierdie een vas te hou terwyl sy aan haar Wilson toffie wat hulle vir haar gegee het suig. Ek hoef nie te se dat sy en hulle lekker taai was nie :-).   
2.56

Ons het ook die skool se kwartaal afsluiting kon bywoon en ek wens ek kon dit op foto's vasle hoe hulle bybelversies kan voordra, opse en uitbeeld in Engels, ons was verstom.  Die kinders kry twee maaltye by die skool per dag en word dan meestal versorg deur 'n ouma of iemand in die families omdat daar nie ouers is nie.  By die funksie was daar ook van hierdie "ouers" wat deur middel van die kinders van God se liefde hoor. 
Page1
Een van ons grootste "aanpassings" was verseker die kos.  Waar ons Saffers maar lekker gewoond is aan een of ander vorm van vleis ten minste een keer 'n dag, het ons die eerste 7 dae (kan meer wees) heeltemal vleisloos gegaan.  Ek wat nogals vol nonsens kan wees oor wat ek eet, het redelik ingegee en bone (nie groenbone nie), raap en kool geeet en dit was nie moeilik nie, hulle het dit baie smaakvol gemaak.

Page2

Het egter teegeskop met die pap (ek weet die vaalpense sou nie daarmee 'n probleem he nie) amper elke dag en die klein vissies wat hulle chipengas, of Zambia sardiens noem.  Dis 'n klein vissie wat gedroog word en ons was maar skepties toe hulle dit begin voorberei het.  Die ete word met die hand geeet - eers word die pap in 'n bolletjie gerol en dan tel mens die vis daarmee op ... jinne ek kry sommer weer koue rillings :-).

'n Tipiese spyskaart wat ons gehad het, het so gelyk:

Ontbyt: Peanutbutter broodjie (DIK snye) of Peanutbutter broodjie met gekookte eier en ons het een keer oats gekry en een keer 'n patat vir ontbyt.
Middagete:  Peanutbutter broodjie, tunaslaai of 'n rysslaai (rys en enige kos wat oorgebly het)
Aandete:  Een of ander vissie met pap en kool of Bone en pap en sous of rys, raap en bakkie peanuts

Nie een van ons het ooit honger gaan slaap nie.  Die sakkie biltong het ons gehou so lank ons kan en toe ons dit die dag uithaal was dit 'n fees.  Ons is regtig bederf met die borde kos wat ons elke dag eet, dis meer as wat ons nodig het om versadig te wees en vir hierdie mense is dit wat vir ons normaal is soos bv kaas, aartappels, vleis en baie ander net 'n luuksheid.  Ek moet noem dat die patatontbyt wat ons een oggend gehad het, blykbaar 'n groot bederf vir ons was, omdat net die "rykes" dit kan bekostig.
blog 2.24
En elke aand is die sonsondergang net mooier en is ons meer dankbaar oor dit wat ons het!


5 comments:

Desire Fourie said...

Dis iets baie spesiaals wat julle vir hierdie mense doen.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}

retha said...

As gevolg van ons werklikheid of norm is dit party keer nodig om vooraf goed te weet soos die uithang patat ontbyt.
Ek ken daai vissies, vir my is dit soos kat kos.

Sandra said...

Desire om daar te wees het net so baie vir ons gedoen :-).

Lekker dag!

Sandra said...

Dit was lekker Retha :-)

Stem saam dit is katkos ja. Dis hoekom ek dit nie geeet het nie :-)

Charmaine said...

Dit was so goeie ervaring. Helen, die kok, het die vissies met soveel liefde gemaak... maar ek kon net nie..my kat eet ook nie vis nie