Wednesday, August 21

Zambia die avontuur begin


En so het ek meer as 'n maand laas geblog, maar ek het sommer 'n goeie rede gehad - ons uitreik na Zambia!  Eintlik weer tuis en nou kan ek rustig ons foto-storie daar dagboek en met julle deel.  Na twee dae van voorbereiding in Johannesburg en die Sondagoggend as amper voltallige groep 'n kerkdiens bywoon, vlieg ons die aand Zambia toe en dis maar 'n klomp vaak en dowwe mense wat eintlik donker daar aanland. 
Page3

Ons is so moeg dat ons enige plek sal slaap, maar word aangenaam verras die volgende ogend. Julle moet weet ons kom uit 'n hittige woestyn uit waar mens skaars motor toe kan loop in die hitte, dus is al die groen en mooi en weer dat ons dit kan geniet, wonderlik. Die huisie onder links is waar ons oorslaap. 
Page5


Behalwe vir die oulike plek, bring hulle nog vir ons ontbyt na die cottage toe en ons geniet die regte brood, varkspek en boerewors (ja nogals in Zambia).  Net voor ons vertrek, begin ons met ons Zambia studie wat Elriza vir ons geskryf het.  Die studie gaan nog sommer mooi saam met die gebeure in Zambia loop ...  
Page6

Die wag vir die bus is 'n ondervinding wat mens moeilik kan deel en ek's bietjie versigting om my kamera uit te haal om dit vas te vang.  Ek kan net se BAIE ander wag ook vir busse en mens kan daar enige iets koop van water tot elektroniese ware.  Die duty free is soos geen ander lughawe nie :-).  Ons is maar bietjie onseker op die 18 uur busrit wat voorle en alhoewel die sitplekke gemaklik lyk, is dit nie heeltemal nie.  Daar is bietjie "vermaak" ook, in die vorm wat 'n sokkerwedstryd (ou een wat herhaal word) en dan hulle sepies wat eers doodsnaaks is, maar die meisies het later mooi gevolg en was selfs by tye kwaad as dit ophou en 'n ander een begin sonder dat hulle die einde weet.   

Page8

Dis nog lig en ons sien bietjie van die groen en die droog langs die pad.  Dis 'n uitgestrekte land met groen en droog, nog tradisionele huise (of stokkieshuise soos my James altyd gese het).  Heelwat geleentheid vir werk en die opmaak van besighede :-). 

Page9


Dis 'n moeie groep wat die volgende net voor 7 daar aankom na 16 uur (jip 2 uur vinniger as wat ons gedink het) daar aankom.  Ons kry lekker koffie en broodjies en hoor dat ons die eerste dag sal rustig vat.  Alhoewel almal vaak is, word daar eers rondgeloop om ons blyplek te verken.  En watter pragtige uitsig het ons nie vanaf ons kamer nie.
Page10

Ons ontmoet ook 'n sendinggroep van Namibia wat vir twee aande daar oorbly en dan weer later die konferensie gaan bywoon.  Uitgerus van die lang busrit word daar gekuier.

2.18

Reg met die eerste aand raak ons almal "verlief" op Lake Tanganyika se sonsondergang terwyl die vissersbote uitgaan vir hulle vangste die aand. En daar word nie net visse op die meer gevang nie ... maar daarvan vertel ek later.





Page10

2 comments:

retha said...

Hoe los jy ons nou soos die meisies en die sepies.
Pragtige foto van die meer en sonsondergang.

Sandra said...

:-) die sonsondergang daar is iets uitsonderliks Retha