Friday, August 23

Orientering en geskiedenis


Ons het wonderlike geleentheid gekry om bietjie meer agtergrond te kry oor watter uitreike presies vanaf die basis by die meer gedoen word.  Nie alles was geleentheid vir foto's nie, maar die besoek aan die Niamkolo Kerk of wat oor is van hom was beslis so 'n geleentheid. 
Page5

Die kerkie langs die Tanganiyka meer is gedurende die 1893's deur sendelinge van London gebou (op versoek van David Livingstone)  en is die oudste bestaande klip-geboue kerk in Zambia.  Sy toring van rondom 15 meter is nog steeds 'n landmerk vir die bote wat die Mpulungu hawe besoek.   'n Sendelings basis is in 1880 hier gestig maar moes 5 jaar later weens onruste ophou. 

Page6

Twee jaar later was hulle terug en is dit weer oopgemaak en gedurende 1895 het hulle die kerk gebou deur 'n "onderwyser" wat op die stasie gehelp het.  Hulle  vermoed die ou was dalkies 'n argitek ook.  Gedurende 1908 het slaapsiekte die dorpie getref en het die mense 'n paar km verder getrek en het die kerk en sendingstasie afgebrand, maar in 1962 is dit gerestoreer tot wat dit vandag is. 

Die strate is platgeloop terug in die geskiedenis (ok party van ons kon foto's uit 'n bussie neem) en die volgende stop was die oorspronkelike Good News mobiele kliniek.

Page11
Baie jare terug het 'n span van 6 mense van Mpulungu na Kasaba bay gegaan om 'n boot wat vroeer aan Dr Kaunda behoort het te gaan herwin.  Die boot was geroes en die hout was verrot met 'n gat of twee, maar die manne het 'n visie gehad om 'n kliniek boot op die meer te sit.  Hulle grootste probleem was dat die boot 3 meter van die water/meer was en omdat daar nie goed soos 'n trekker beskikbaar is/was nie en hul duisend km van die naaste stad was, was grawe die enigeste opsie. Eers het hulle 'n gat langs die boot gegrawe vir dae en soos dit opgevul het met water, kon hulle die boot mooi skuif dat die "inval" in die water en so dryf.   Die boot is toe deur 'n skiboot na die hawe getrek en die manne kon hulle "visie" sien waarkom. 
Page12


En dit het want vir 'n hele ruk is die boot gebruik om sendingwerk by die villages langs die meer te doen en is dit gebruik vir uitreik spanne, mediese dienste, evangelie werk en dissipelskap - alles om God se Koninkryk te bou.  Ons kon binne in die stukkie geskiedenis staan terwyl die stories vertel word.  Die boot is tans nie meer in gebruik nie, maar hulle bid vir 'n groter boot wat meer stabiel is waarmee die werk voortgesit kan word.

Tans gebruik hulle 'n klein bootjie die 'Pelican' vir hulle werk en ons was bevoorreg om met hom uit te gaan na een van die villeges toe, maar daarvan vertel ek later.
Page7_thumb[2] 

Ons hoor baie stories oor vissersmanne en hoe hulle die toordokters gebruik vir "goeie" vangste ... maar ook hier is 'n wonderlike ministry aan die werk waarvan ek ook later sal vertel.  Die middag kry ons geleentheid om 'n doop van een van die "moslem" vissermanne by te woon.  Ons mag nie regtig foto’s van die ou plaas nie, daarom die wat mens sy gesig nie kan sien nie.

Page4


Daar is ook geleentheid om vir 'n item te oefen met 'n boodskap wat ons ongelukkig nie kon opvoer nie, maar baie beslis iewers nog gaan inwerk. 
2.50

Ons dae is vol en ons leer so baie en om hierdie mense se passie te sien vir dit wat hulle doen en nog wil doen.  Hier sien mens ook verseker die mooiste sonsondergang in die wereld en elke aand lyk dit anders. Bid saam met ons vir die mense by die meer en al hulle uitreik-aksies.  Ook dat hulle genoeg geld sal insamel om 'n groot boot vir hulle doeleindes te koop.

Sandra

No comments: