Sunday, July 14

Dit kan net hier gebeur - 25


Ons slaan die hitte en Ramadan so in dieselfde maand.

Alhoewel dit 'n maand is vir die plaaslike geloof om te vas, is dit die maand wat mens nie kan leef of beweeg in die winkels soos wat hulle kos kom vir die vas nie - jip waar hulle eetdag gewoonlik oor 'n normale 24 uur moet wees, is dit gedurende Ramadan 'n skrale 10 uur en probeer hulle soveel as moontlik in so min as moontlik tyd eet.  Iewers langs die pad het die regte rede vir die vas by die venster uitgewaai.  
1004439_694396410585873_584965628_n

Maar net om te vas is nie al wat vir hulle "ewigheidspunte" gee nie, om goed te doen doen ook.  So waar in die wereld kry mens 'n supermark waar jy kos verniet kan vat?  

Ons moet in gedagte hou, volgens die opskrif by die rak dat dit slegs vir mense sonder geld of mense wat werkloos is is --- en dit in 'n land waar daar veronderstel is om geen werkloosheid en of mense sonder geld is nie. 

Dit is egter 'n goeie gebaar.

2 comments:

retha said...

Kan mens dit pos vir iemand wat voldoen aan die voorskrif, wonder ek toe ;o)

Anonymous said...

Julle het toe seker nie gekwalifiseer nie?