Thursday, July 4

'n Nuwe uitdaging wat voorle

Twee weke van nou, le 'n heerlike nuwe ervaring en uitdaging vir ons voor, wanneer ons Zambia besoek vir 'n uitreik by 'n sendingstasie   naby die meer Tanganyika. 
 
Slide11
 
Die sendelinge by hierdie stasie is hoofsaaklik plaaslike mense wat dit hulle misie maak om mense van Jesus se liefde en die Bybel te vertel en meeste van hulle sonder ondersteuning van hulle familie, vriende of kerke. 
 
Slide4
 
Daar is verskeie projekte wat van hieraf geloots word.  Een van hulle is verskeie kerkplantings teen die meer wat tot in Burundi strek.  Die skooltjie wat hulle begin het, het vanjaar 85 weeskinders tussen grad 1-4 wat hulle daaglikse maaltye ook by die skool kry.  Die skoling is gebaseer op "biblically-based education" en vervul die onderwysers ook baie keer die rol van ouers vir die kinders. 
Slide8
 
Sport en veral sokker is groot in die land  en daarom is 'n bediening rondom "Life Coaches" begin waar jong mense kom vir sport toernooie en afrigting en dan daarmee saam ook klasse kry in oa hoe om 'n klein besigheid te begin, hoe om te boer en om handwerk te maak om te verkoop. 
 
Zambia 2013- kliniek
Rondom 1990 het hulle 'n boot the Good News begin gebruik om ook mediese hulp te verskaf aan villages wat op geen ander manier as met die meer bereik kan word nie.

Daar is nog 'n paar bedienings waarvan ek deur die loop gaan vertel en ons sien uit om daar te gaan besoek en te help.  Al hierdie bediening maak staat op hulp van mense oa deur diens lewering en/of fondse en gebede.

Tans is ons besig met ons eie voorbereiding vir hierdie uitdaging en ons is "versigtig" opgewonde want dit gaan nie heeltemal so maklik vir ons wees nie. 
 
Dit sal goed wees as ons weet dat julle saam met ons gaan en ons ondersteun met gebed. 

1 comment:

Anonymous said...

Sterkte