Sunday, April 21

Welkom kleine Lara

Eintlik weer kansie om by die blog uit te kom en so baie het gebeur waaroor ek nie geskryf het.  Gaan ernstig probeer om op te vang daarmee, maar eers die groot nuus .....
Page1
 
James en Leane het pappa en mamma geword van die oulikste, pragtigste klein dogtertjie Lara Mare! 
 
Page2
 
Sy was 'n bietjie haastiger as wat die dr gese het, en het net 2.9kg geweeg, maar ons kan reeds sien dat sy almal van ons, naby en ver,  om haar klein vingertjie gaan draai.  
 
Page3
 
Natuurlik het ek nou nog 'n beter rede om baie foto's te neem.  Sy sal maar gou-gou aan 'n kamera moet gewoond raak :-). 'n Daggie oud op hierdie foto's en dit lyk nie asof sy daarmee 'n probleem het nie.  
 
Page1_0
 
Dankie Pappa vir hierdie klein volmaakte, kosbare, spesiale dogtertjie!  Ons weet dat U elke deeltjie van haar en haar persoonlikheid beplan het! 

3 comments:

retha said...

So pragtig! Geluk aan jul almal.
Kan sien daar is baie wat na haar gaan omsien, partykeer selfs op dieselfde tyd ;o)

Unknown said...

Hallo daar
Ek het op jou blog afgekom en dink dis pragtig. In die toekoms kan ek dalk ook in die midde ooste werk en ek dink jou blog is 'n inspirasie vir my om kontak te hou met die kinders en andere. Hou so aan. Mag die Here julle ryklik seen.
Johannes de Bruyn

Desire Fourie said...

Baie baie geluk. Lara is te dierbaar vir woorde. Mag sy oneindige vreugde en geluk bring. Jy mag maar 'n bree-bors ouma wees.
Mooi bly
Desíre
{Doing Life – my personal blog}