Sunday, January 20

Iets vir jonk en oud

Dieretuin .... altyd 'n plek waar mens lekker kan kuier!  Elke Vrydag hou ons kerk in die restaurant by die dieretuin en het al 'n paar keer daar gekuier.  Met al die bouery daar, wou ons gaan sien hoe dit nou daar lyk en ..... Nelmari was nog nooit daar nie en sy wou graag gaan.
DSC_0254
Die aansig van die dieretuin is heeltemal nuut gemaak en daar is nou selfs oornagfasiliteite vir mense wat daar wil oorbly.  Hierdie dieretuin het klein begin as 'n kinder dieretuin waar daar interaksie met die diere is, en ek is so bly dat dit nog altyd die hoofdoel is. 

Page1_2
Gewapen met genoeg bosse eetgoed het die kinders gou-gou soos klein kindertjies die diere gevoer en gekuier.  Na die apies het hierdie kameel weggeloop van die troppie om met ons te kom kuier.  Sy het seker al die kos gesien.  Later was een stukkie groen nie meer goed genoeg nie en het sy sommer die hele bos bygekom.
Page2
Die ander diere het ook heel mak kom kos haal om te eet.  Dit is amazing om hulle so naby te sien en ervaar. 
 
DSC_0349
 
Nee, hierdie een bedel nie ... of dit is nie sy bedel gesig nie, hulle lyk altyd so! Seker van die lelikste bokke wat ek nog ooit gesien het. 
 
Page3_2
 
Daar was nog hope om te voer en party het sommer buite die hokke geloop vir kos.  Orals was kinders, groot en klein met gesigte vol glimlaggies besig met die diere. 
DSC_0382
 
Die klomp in die water was die enigstes wat nie gebedel het nie. 
 
Page4_0
 
Die "katte" kon nie gevoer word nie, maar so nuuskierig soos ons vir hulle deur die glas geloer het, so het hulle oor die heining geloer na al die ander mak diere en miskien mense wat 'n lekker maaltyd sal maak. Iets wat vir my ook nuut was, was 'n skilpad wat ook kom blare bedel het.
 
Soos elke ander keer was dit 'n heerlike uitstappie en nou het Nelmari dit ook ervaar.

1 comment:

retha said...

O goeiste! Ek het nooit gehou daarvan om die bokke(goats) te voer by onse dieretuintjies nie. Hulle oë lyk altyd vir my so onheilig ;o)

Bly om te hoor die katte kon nie gevoer word nie, maar daai loer oor die muur lyk bietjie angswekkend.