Thursday, December 13

Verjaarsdag en ons word getreat

Dis noual 'n maand terug wat ons Charmaine se verjaarsdag bietjie by twee van die hotelle op Saadiyat eiland gaan vier het.  Ja kyk ons speel nie net by een ryk nie, maar sommer by twee.  Wat sal ons tog sonder afslagkoeponne doen :-). 
Page2
 
Ons eerste stop was die Montecarlo beach club se spa.  Nadat ons eers in die japonne was, party van ons het natuurlik heeltemal verdwaal in die japon, is daar bietjie getee terwyl ons wag vir die behandeling. Ons ouer tannies was maar versigtig en het net die hande en voete laat behandel, terwyl die jongeres 'n paar ander goed bygehad het. 
Page3
Eerste klaar was dit tyd vir inspeksie, en dis beslis 'n plek waar mens lekker kan kuier en ontslae raak van stress en glad nie besig nie.  As mens kom vir 'n behandeling is die geriewe alles tot jou beskikking. 
 
Page4
 
By die swembad was dit sooo mooi, maar ons kon nie bly nie, die volgende treat vir die verjaarsdagmaatjie het gewag. 
Page6
 
Die Beach house restaurant is sekerlik een van die lekkerste plekkies om te eet.  Die restaurant sit op die strand en mens kan lekker see toe loop sou jy wou.  
Page5
 
Heerlike visgeregte en slaaie is op die spyskaart en ons het so lekker gekuier.  Daar was selfs plek vir lekker nagereg alhoewel die meisies gedeel het.
 
Jy kan maar weer verjaar maat, ons het lekker gekuier :-).

2 comments:

retha said...

Dit is pragtig daar! Sien daardie pragtige mooi wit en dink hoe lekker, iemand anders hou dit soo ;o)
Ek neem aan daar is iemand met daarie klein besempies wat die paadjie na die see sonder sand hou.

Sandra said...

Ja die paadjie en strand word baie mooi skoon gehou Retha :-)