Saturday, November 3

Woestyn...oase....woestyn....

So 'n week terug was dit tyd vir ons maandelikse uitreik kerkdiens in Ruwais/Ghiyati en sommer ook 'n geleentheid om 'n terrein te soek vir die vroue retreat later in November.  Dit het beteken ons moes ry in die rigting van Liwa en alhoewel ek jare terug ook daar was, was dit weereens 'n ongelooflike ervaring om so deur die woestyn te ry. 
131208176_m0OjfVSF_IMG_0236mEmptyQuarterinLiwaDesertUAE

Die woestyn hier is verskriklik mooi want die duine is regtig allerhande kleure.

131566275_iHc5M2iJ_DMCZS3_P1080517mDesertcampling
En natuurlik het ons so baie kamele gesien.  Lanklaas soveel swart kamele bymekaar gesien. Het hier gedink aan 'n ou blogvriendin wat so dol oor kamele was.

131245456_cTtZmwSJ_IMG_0199CamelcampLiwadesertUAE

Orals was sulke kampies waar kamele gestaan het, met tente waar die "eienaars" kuier.  Ek weet dit was nie die arbeiders nie, want die 4x4's het langs die tente gestaan.  Dis gedurende hierdie saamtrekke wat kamele oor en weer verkoop en gekoop word. Met die swart kamele baie meer waardevol as die waaraan ons gewoond is.

En mens hoef nie te wonder hoekom nie, want sommer naby is die kameelresiesbaan.   
DSC_0305

Daar was nie 'n wedren aan die gang nie, maar heelwat eienaars het hulle kamele geoefen.  
DSC_0316

Die eienaar se kamele oefen gewoonlik in 'n trop met 'n "handler" wat hulle deur hulle oefening stappe   neem.  
DSC_0326

Belangrik en snaaks is die eienaar wat aan die binnekant van die baan saamry met sy motor en bevele uitskree ...   
20

Vroeer jare het 'n jokkie die kamele laat oefen, maar deesdae gebruik hulle 'n radiobeheerde "swepie" op die kameel se rug wat hulle aanjaag.  Julle kan gerus onder by die label gaan kyk na "kamele" waar ek voorheen hieroor geskryf  het.  Die foto is van 'n vorige inskrywing.  

So tussendeur die kamele het ons ook 'n retreat-plek gekry en toe ons eintlik wegry van Liwa kon mens die kontras tussen die "woestyn" en die "oase" baie duidelik sien.   
DSC_0339

Kyk net hoe groen is dit in die dorp wat in die diep-woestyn le.   
DSC_0342

En dieselfde pad net 'n entjie verder... hier kom die woestyn weer. 

2 comments:

Desire Fourie said...

Die woestyn het sy eie nostalgie. Great fotos soos altyd.
Mooi bly
Desíre {Doing Life - my personal blog}

retha said...

Ek stem saam dat jou foto's mooi is Sandra.