Thursday, November 15

Die nuwe baba in die huis

Met al die kinders uit die huis, dreig ek al lankal om 'n skoothondjie te kry, maar elke keer is die omstandighede net so dat ek liewers daarvan afsien. 
DSC_0193
 
So 'n week terug is ek egter aangenaam verras en bederf .... Charmaine en Elriza het vir my hierdie lelike gesiggie as geskenk gegee.  En skielik het die normale dae verander want .... 
DSC_0193a
 
As ek gedink het ek is besig, is ek verkeerd.  Elsie is besig,  BAIE  besig en vol speel!
 
photo2
 
Die eerste aand het sy onmiddelik haar plek op die bed geannikseer en na die speel is sy doodmoeg.
 
DSC_0225
 
Niks kan ook meer rondle nie, (dit kan positief wees) want sy kou aan alles met die tandjies wat uitkom. 
 
DSC_0237
 
Ek probeer maar dat dit speelgoed is en nie skoene, fone, papiere, rolletjies en enige iets anders waarop sy haar tande kan le nie.  
photo1
 
Aan die slaapgewoontes kan mens sien dat sy nou heeltemal tuis is, en snork met daai plat neusie dat die biesies bewe.
 
DSC_0198
 
Behalwe dat Nelmari nog altyd 'n pug gehad het, leer ek nou eers van die "spesie" en is aangenaam verras.  Elsie het so 'n sterk persoonlikheid en vol soveel vreugde, dat sy honde en katte wat haar wil afknou vinnig kan omdraai na speel maatjies. 
DSC_0202
 
Dankie vir hierdie groot geskenk julle, ek geniet haar soveel en dis lekker om so 'n positiewe en joyful asempie in die huis te he.



1 comment:

retha said...

Lieflik!