Wednesday, October 31

Tyd vlieg ...

Dit voel soos net nou die dag wat ek vir Nelmari by die universiteit gaan aflaai het en die langpad terug Abu Dhabi toe alleen moes aanvat.  Die jaar het eenvoudig net verby gevlieg en het haar laaste eksamen van die eerste jaar aangebreek.  
189156_10151254426462349_851261235_n

En waar gaan mens 'n mooier agtergrond kry vir jou prakties.
Page1

Dit was defnitief 'n jaar waar sy heelwat nuwe sport-skills aangeleer het - goed wat sy nooit hier in die woestyn kon doen nie.  
320343_10151254430682349_344674496_n

Haar eerste jaar klasmaats tydens die praktiese eksamen.  

Nou is dit die teorie wat voorle.  Sterkte daarmee sussie ...

En William daar in Bloemfontein met sy finale jaar eksamen, sterkte vir jou ook seun!

Lief vir julle

1 comment:

retha said...

Sterkte ook vir jou terwyl hulle besig is Sandra. Jy tel seker al die dae vir hulle koms huis toe.