Dit voel soos net nou die dag wat ek vir Nelmari by die universiteit gaan aflaai het en die langpad terug Abu Dhabi toe alleen moes aanvat. Die jaar het eenvoudig net verby gevlieg en het haar laaste eksamen van die eerste jaar aangebreek.
En waar gaan mens 'n mooier agtergrond kry vir jou prakties.
Dit was defnitief 'n jaar waar sy heelwat nuwe sport-skills aangeleer het - goed wat sy nooit hier in die woestyn kon doen nie.
Haar eerste jaar klasmaats tydens die praktiese eksamen.
Nou is dit die teorie wat voorle. Sterkte daarmee sussie ...
En William daar in Bloemfontein met sy finale jaar eksamen, sterkte vir jou ook seun!
Lief vir julle