Saturday, August 18

Ons besige program begin

Ons eerste "nie op die beplanning" afspraak was by die plaaslike privaat skool se saalopening. 
Page4

Daar is kans gegee om die sang te lei en weereens het ons jongmense hulle getuienisse met die skoolkinders gedeel.    
Page3

William het toe 'n klein bietjie speletjies met die klompie gespeel en dit is deur almal geniet.  
DSC_0117

Na die vroeg opstaan om 7 uur al by die skool te begin, kon ons 'n kort breuk vat vir ontbyt en om ook 'n bietjie saam bybelstudie te doen.   So lekker om dit in die openbaar by die restaurant te doen en so anders as in die woestyn waar ons bly.   
Page5
Ons vergadering met die skool waar ons meeste gaan werk het ons die res van die oggend besig gehou. 
Page6
Na ons vorige besoek aan die skool in 2011, wou ons graag 'n afdak vir 'n kombuis bou sodat die kinders nie so in die wind en weer hulle daaglikse maaltyd moet eet nie.  Hier wys die skoolhoof vir ons die plek en verduidelik hoe dit moet lyk.  Elriza wys mooi waar die kospotte gaan staan :-).   
DSC_0145

Die sportveld is ook 'n projek wat nog fondse soek.  Wat ek van die skool waardeer is dat hulle wel hulp soek, maar nie net wag daarvoor nie.  Hier is twee werkers besig om van die klippies op die sokkerveld op te tel en weg te ry sodat die kinders daar kan speel.   
Page7

Elke klaskamer is besoek vir bietjie interaksie met die kinders en ons het na liedjes en gediggies en bybelstories geluister.  En is hierdie kindertjies lief vir die kamera.  Meer as 70% van die skool se kinders is straat- en/of weeskinders.  Die skool se deur staan oop vir enige kind al wil hy/sy te oud vir 'n gewone skool.  Ek dink as jy nie wil skool toe gaan nie, vermy die skool se hek, want die onderwysers roep maklik 'n kind nader en nooi hulle uit.  Daar is bitter min kinders hier wat nie met glimlaggies sit nie.   
DSC_0219

En groot was my verbasing om 'n klomp van my gunsteling van my kindertydskrif te sien en dit nog is so 'n goeie kondusie.   
DSC_0258

Die skool se biblioteek.  Daar is defnitief 'n behoefte aan leesboeke vir die kinders.   
DSC_0322
Die kinders kry kans om vinnig deur die dorp te ry en te rus voor dit weer begin besig raak. 
Page8

Na skooltyd word daar speletjies met 'n paar straatkinders gespeel en ek weet nie wie geniet dit die meeste nie.    
Page9

Later die aand word daar weer saam met die tieners van die een kerk gekuier.    
Page10

En ons tieners doen presies wat hulle moet, gesels en kuier met die jongmense van die dorp.


5 comments:

retha said...

Bollie!
Maar die een is 'n bietjie na my tyd, sien dit sê iets van TV.
Ek het glad nie gedink Outjo het so baie mense nie.

Sandra said...

Hierdie een is van 1978 Retha en bietjie na my tyd - maar ek onthou nog hoe opgewonde ek elke week was om dit in die pos te ontvang.

Desire Fourie said...

Wat n inspirasie is hierdie jong mense.
Mooi bly
Desire

Desire Fourie said...

O ja ek wou nog se dat die Bollie n hoogtepunt in my kinderjare was. Ek het net so twee keer n jaar een gekry.
Desire

Sandra said...

Net twee keer 'n jaar Desire? Jinne ek sou nie oorleef het nie :-)