Thursday, August 16

Die “Hoop” toer


Die afgelope paar weke was 'n besige, maar 'n geseende tydperk.  Soos ek laas vertel het, was ons oppad vir 'n uitreik in Namibia.  Die internetspoed daar was heeltemal te stadig om mee te blog, maar nou kan ek rustig alles deurgaan en vir myself foto-dagboek.  As jy saamkuier, hoop ek jy geniet dit "nabetragtig" net soveel soos ek.  
Page1
Die aand voor ons vertrek kom ons almal saam en vinnig sonder dat iemand aangese word, is elkeen besig met sy/haar voorbereiding vir die toer.   
DSC_0022
En dan is dit sulke tyd.  Vroegoggend op 'n koue Jhb lughawe.  En voor die toer het ek reeds gese, elkeen van die groep is spesiaal met die hand uitgesoek ... hoe waar sou dit nie wees oor die volgende twee weke van die trippie nie.  
DSC_0027

Ons eerste koffie/creamsoda stop in Okahandja en die brawes het selfs hulle baadjes uitgetrek.  
DSC_0039

Na klompie ure op die pad is ons moeg maar eindelik daar.  'n Groot bederf om in die plaaslike kerk se jeugleier se huis te kan bly.  Outjo het ons sommeer vanaf die eerste dag groot bederf!  
DSC_0043

Ons eerste oggend woon ons die NG kerk by en voel so welkom en "tuis".  
DSC_0052
Die klomp is nou uitgerus na die diens en ons leier word gevideo "onderhoud".  (Sal maar die video clip bere vir 'n ander geleentheid).  
Page2

Kyk net hoe hard werk hulle aan die braaibroodjies vir middagete :-).   
DSC_0065

Geen spesifieke rede vir die foto nie, behalwe dat dit baie lekker is om my seun ook op die trippie te he.

DSC_0076

Tyd vir ons eerste amptelike "verpigting" en die voordeel van 'n klein dorpe - ons stap sommer kerk toe.

Page3

Die klompe was bietjie om hullen getuienis tydens die aanddiens te gee, maar alles verloop goed. Van die worship gelei deur Elriza en Ruhan, die getuienisse en die boodskap deur Elriza.   
DSC_0100

Na die diens word die groep gevra om by die skool se saalopening die volgende oggend te wees en met die kinders te praat.   
DSC_0101

Een dag op toer en die klompie vorm al klaar 'n hegte eenheid.  'n Goeie ding want daar le nog baie maklike en moeilike werkte voor.

3 comments:

retha said...
This comment has been removed by the author.
retha said...

Ek hou baie van foto 0076

Jou 'met die hand uitgesoek' het my laat dink:
ek het nie beheer oor wie oor my pad kom nie, selfs hulle is VIR my hand uitgesoek. Laat ek dan eerder sien wat ek kan groei instede van moan

Sandra said...

Dit is so Retha, ons "vat" nie altyd dit wat vir ons gegee word met 'n oophand nie.

Dankie dis vir my ook 'n nice foto