Wednesday, August 29

Dis hoe dit moet wees

Met die besoek aan die laaste skool nog baie in ons gedagtes en gesprekke vat ons vroeg die drie uur rit na die dorp Okahandja.
DSC_0185

En hoe anders is die opset en ontvangs nie.  Ons word rondgewys om te sien wat hulle alles doen. Op die foto is die "second change" klas - waar enigeen wat nie vroeer kon leer nie, kan kom skool.  Julle sal sien dis regtig oud en jonk wat klasloop.
DSC_0217

Dis nie 'n skool nie, maar daar is 'n kleuterklas vir die kinders dat hulle nie alleen by die huis hoef te bly terwyl die ouers werk nie, en aan die gesiggies kan mens sommer sien dat hulle baie gelukkig is.  Natuurlik het ons hope kans gekry om met die babatjies te speel.
DSC_0229

En almal wil net drukkies uitdeel - arme Daleen word reg in die middel van so 'n poging vasgevang.
DSC_0235
Alhoewel daar nood is, probeer hierdie groep so selfversorgend as moontlik wees en die twee "groenhuise" voorsien vir die sopkombuis.  
DSC_0282

Dis 'n gemeenskap sentrum en die gemeenskap van hierdie deel van die dorp is in en uit by die sentrum, mens kan sommer sien dis vir hulle lekker om daar te wees.  

Page1

Een van die projekte vir fondse is die maak van plekmatjies en kussings wat veral deur die lodges gekoop word.  Ruhan het ook seker gemaak sy ma kry daarvan.  Die groentes vir die sop word deur mense geskil wat deur die sentrum gevoed word en so ook die res van die sop.  
Page2

In die kleuterklasse word daar handwerk gedoen en die draadjies in Daleen se mond is 'n groot nuuskierigheid.   

DSC_0353

Almal het die klasbesoek geniet.   
Page3

Dan is dit tyd vir nog 'n klassie ....  
Page4

Intussen is die volwassenes wat kom kos by die sopkombuis haal besig om in die saal te vergader.  Daar word eers 'n paar geestelike liedjies gesing en Elriza kry ook kans om 'n kort boodskap te lewer. Hulle gee daagliks kos vir 400 mense.  

Page5

Wat my beindruk het is die vrou in "beheer" van die sentrum - sy ken elkeen wat kom opskep en weet watter huis moet bietjie meer kry ens.  Elkeen moet ook registreer hoekom hulle nie kan werk nie, wat dit moeilik maak vir die mense wat sommer van die shebeen (wat orals en oorkant is) kan kom koshaal. 

Die dag het net so 'n groot indruk op ons en die jongmense gehad en 'n baie positiewe een na die vorige skool se ondervinding.  Ons almal het ook saamgestem dat so 'n sentrum nodig is in die ander dorp waar ons werk - en hierdie mense weet reeds hoe om dit doeltreffend te bestuur - dat die gemeenskap self terugploeg in die gemeenskap.

Monday, August 27

Dit kan net hier gebeur - 9

Een van die drie tipes diere waaroor die plaaslike mense mal is.  Hulle word opgepas en getroetel en word beskou as hulle rykdom...die kameel.
4

Niks snaaks om hulle agter op 'n bakkie te sien of selfs agter in 'n 4x4 nie.  En hulle is beslis nie oppad slagpale toe nie.  Hulle is versker baie nuuskierig en bekyk elke motor soos hulle verbyry.


Saturday, August 25

‘n Nie so goeie ondervinding


Ons dae het gewoonlik baie vroeg in die oggende begin.  Ons gashere het die oulikste twee honde en ek dink hulle fun was om voor ons by die hek uit te wees en dan straat te vat.  
DSC_0099

Die kere wat ons die tyd fyn gesny het, was ook die kere wat Kaptein nie wou terugkom huis toe nie.  William het vinnig besluit dis gouer om die ou terug te dra as om hom by die huis te probeer kry :-).  
DSC_0103

Die besoek aan 'n klein skooltjie wat 'n eindjie uit die dorp gelee is, was vir ons almal seker iets wat ons altyd sal onthou.  Die skool is vernoem na 'n koningin wie se land op 'n stadium fondse gegee het, en nadat ons in die dorp gehoor het dit gaan maar sleg daar, was die eerste indrukke darem nie so erg nie. (Ek is so lus om te se watter land dit is - maar sal eers bietjie wag).   

Page2_0

Mens kom ook nie sommer met lee hande by 'n plek aan nie.  Alhoewel ons later gehoor het dat die kanse goed is dat die kos verkoop sal word, hoop ons tog dat dit by die kinders sou uitkom.
  
Page3_0

Die kinders se "enigste" maaltyd van die dag word by die skool gegee en ons kom net betyds om te sien hoe hulle met hulle lee botterbakkies tou staan vir pap.  Nie net het baie van die kinders nie eers bakkies nie, hulle deel en wag vir ander om klaar te eet en sit sommer so op die asgate en eet. 
Page5_0
Ons gaan loer na die "koshuis" en watter skok is dit nie!  Die lee vertrek (regs bo) is 'n "ontvangs" waar daar niks is nie.  Dan het ons bo links wat die dogters se slaapkamer is.  Daar slaap 45 dogters en daar is 5 beddens in die kamer - ons sien geen matrasse nie, net koue sementvloere.  Die seuns se situasie is nie beter nie.  Daar slaap 43 en hulle het 6 beddens - dis nou as jy die sonder matrasse ook kan tel.  Die een klerekas het net skoene sonder maats in.  
Page6_0

Ons speel bietjie speletjies met hulle, praat en luister na behoeftes en hul toekomsdrome, en glo my hulle (die kinders) het groot drome. Ons belowe om vir hulle bakkies te bring "vir starters" en eers na die groot gejuig kom ons agter hulle het nie "bowls" gehoor nie, maar "balls".  :-).  Gelukkig is daar vinnig iemand wat bereid is om 'n paar balle te skenk.  Dan deel die juffrou vir hulle  van die brood wat ons saamgebring het - een snytjie elkeen sonder enige iets op.  

Page7_0
Die besoek is so in almal se gedagtes na die tyd dat die  50 balle en  100 bakkies so gou moontlik gekoop moes word - en operasie opblaas begin. 
DSC_0938

'n Week later is ons reg vir nog 'n besoek aan die skool en hierdie keer spoor ons die "ou" beddens ook op - vuurmaakhout.   
DSC_0950
Ek het nog nie eers genoem dat die skool wel storte ens het, maar dat die pype wat deur die royals ingesit is, nie eers werk nie - water is 'n probleem en word nog aangery met die donkiekar skool en koshuis toe.  Dit beteken dat niks, nie klere, nie beddegoed, nie blyplek ens. gewas kan word nie.  

Page8_0

Omdat ons bekommerd is dat die bakkies en balle verkoop gaan word, maak ons seker elke kind skryf sy/haar naam op die borde en balle.  Daar word ook ernstig met die onderwysers gepraat.  Ons wil graag help, as hulle ook iets van hulle kant af doen en ons gaan check of goed nog daar is.  

Daar is nou iemand wat gereeld die skool en veral die koshuis gaan besoek, maar daar is nog baie behoefte en werk.  Onmiddelike behoeftes is goed soos komberse, matrasse, ens. en dan Riana sien ek nogal hoe jou kleurvolle skoolverfprojek om bietjie "lewe" in die plek te blaas :-) 'n verander kan bring. Klere is ook 'n groot nood - die kinders het bv nie eers onderklere nie.

Die skool het werklik aan ons almal se harte gevat en ons wil graag iets daar doen en om  hulle selfversorgend te maak  - saam met die kinders van die skool - om dit 'n plek te maak waarop hulle trots gaan wees en wat vir hulle soos huis sal voel, sodat hulle kan leer en skooltoe gaan en hulle drome kans gee om waar te word.  

As iemand van julle graag wil deelwees van die help projek, al is dit net 'n blik verf, laat weet bietjie.


Wednesday, August 22

Ietsie van alles

Ons het nog nooit so belangrik gevoel nie, was hoe die kinders ons volgende dag beskryf het ....  
Page1

In hul "tradisie" het die skool voluit gegaan om ons te verwelkom en ook hulle manier van dankie se vir 'n projek wat nog nie eers voltooi is nie.  Elkeen van ons is verwelkom met 'n groot geel plastiekblom.
Page2

En definitief die kersie op die koek .... verwelkomingsdanse deur die kultuurklub se boesmans.  
Page3

Die hele skool was reg vir ons en daar is toesprake gemaak, items gelewer deur kore en agterna gekuier.  Vir heelwat van die kleintjies was die ure lange "saalbyeenkoms" net te veel.  

DSC_0507

Die dorp het regtig so goed na ons gekyk gedurende ons verblyf en na die oggend se lang sessie was dit heerlik om by 'n lodge op die dorp rustig te sit en middagete ete.  Lekker bobotie en gunsteling groentes.  
Page4
Weer terug skooltoe om met die kinders te gaan speletjes speel.  
Page5

En daar was net nie einde aan ons jongmens se energie nie.
  
  DSC_0668

En soveel geduld met die kleintjies.
  
DSC_0670

Die een ding wat vir my soveel anders is as by die huis, waar ons kinders baie keer meer het as wat hulle nodig het, is dat elke dag en selfs die speletjies  met gebed begin en geeindig word.   

Page6

Die aand het die twee oudste jongmense met die tieners in die koshuis gepraat terwyl die tannies en tieners die bybelstudie by die koshuis vir die kleintjes gedoen het.   

Page7

Die volgende dag het ons ses met al die kinders in die skool gewerk.  Die senior klasse het 'n kunsprojek saam met Elriza gedoen.  
Page8

William en die tieners het met die middelgroep gespeel.   
Page9

Die kinders was baie trots op hulle kunswerk wat verskillende bybeltonele uitgebeeld het.    
DSC_0911

Die tannies het by al die junior klasse 'n bybellessie oor bybelkleure gaan aanbied.   

Page10

Die aand het ons groep weer opgedeel toe die oues van dae en tieners vir die junior kinders musiek en 'n lessie kon aanbied.  
Page11

Die ander twee met die tieners het weer speletjies gespeel en ook geselsies aangeknoop.

'n Wonderlike paar besige dae en min het ons geweet wat die volgende dag voorle.




Monday, August 20

Dit kan net hier gebeur - 8


Dis so warm hier dat ....

406329_409566929091381_298160267_n

Mens kan koekies bak op die motor se enjin!  Ook net hier in die woestyn :-)

Saturday, August 18

Ons besige program begin

Ons eerste "nie op die beplanning" afspraak was by die plaaslike privaat skool se saalopening. 
Page4

Daar is kans gegee om die sang te lei en weereens het ons jongmense hulle getuienisse met die skoolkinders gedeel.    
Page3

William het toe 'n klein bietjie speletjies met die klompie gespeel en dit is deur almal geniet.  
DSC_0117

Na die vroeg opstaan om 7 uur al by die skool te begin, kon ons 'n kort breuk vat vir ontbyt en om ook 'n bietjie saam bybelstudie te doen.   So lekker om dit in die openbaar by die restaurant te doen en so anders as in die woestyn waar ons bly.   
Page5
Ons vergadering met die skool waar ons meeste gaan werk het ons die res van die oggend besig gehou. 
Page6
Na ons vorige besoek aan die skool in 2011, wou ons graag 'n afdak vir 'n kombuis bou sodat die kinders nie so in die wind en weer hulle daaglikse maaltyd moet eet nie.  Hier wys die skoolhoof vir ons die plek en verduidelik hoe dit moet lyk.  Elriza wys mooi waar die kospotte gaan staan :-).   
DSC_0145

Die sportveld is ook 'n projek wat nog fondse soek.  Wat ek van die skool waardeer is dat hulle wel hulp soek, maar nie net wag daarvoor nie.  Hier is twee werkers besig om van die klippies op die sokkerveld op te tel en weg te ry sodat die kinders daar kan speel.   
Page7

Elke klaskamer is besoek vir bietjie interaksie met die kinders en ons het na liedjes en gediggies en bybelstories geluister.  En is hierdie kindertjies lief vir die kamera.  Meer as 70% van die skool se kinders is straat- en/of weeskinders.  Die skool se deur staan oop vir enige kind al wil hy/sy te oud vir 'n gewone skool.  Ek dink as jy nie wil skool toe gaan nie, vermy die skool se hek, want die onderwysers roep maklik 'n kind nader en nooi hulle uit.  Daar is bitter min kinders hier wat nie met glimlaggies sit nie.   
DSC_0219

En groot was my verbasing om 'n klomp van my gunsteling van my kindertydskrif te sien en dit nog is so 'n goeie kondusie.   
DSC_0258

Die skool se biblioteek.  Daar is defnitief 'n behoefte aan leesboeke vir die kinders.   
DSC_0322
Die kinders kry kans om vinnig deur die dorp te ry en te rus voor dit weer begin besig raak. 
Page8

Na skooltyd word daar speletjies met 'n paar straatkinders gespeel en ek weet nie wie geniet dit die meeste nie.    
Page9

Later die aand word daar weer saam met die tieners van die een kerk gekuier.    
Page10

En ons tieners doen presies wat hulle moet, gesels en kuier met die jongmense van die dorp.