Monday, March 26

Wonder ….bus of boot

Altyd lekker om iets nuuts te doen en alhoewel ek al van hierdie bus gehoor het, was daar net nog nooit die geleentheid om dit self te ondervind nie. Maar verlede naweek wel, en kan ek julle sommer ook 'n ander deel van Dubai wys.

DSC_0001

Ons kry die bus voor een van die malls wat ons nog nooit besoek het nie ... ja daar is sulkes :-).... en dan ry ons deur die ou deel van Dubai.

15_2

Na sowat 15 min in die strate, vat die bus ... of is dit nou ... boot die water.

DSC_0012

Die busbestuurder of skeepskaptein vat ons al langs die Creek af deur die ou dele.

DSC_0026

Dis maar 'n deinserige oggend, maar mens kan voel die somer hier is oppad. Maar mens kan sien die besige "Saterdag" verkeer op die water sien.

Page1

Watertaxi's of abras is volgelaai soos hulle die mense van die een na die anderkant van die Creek neem. Die oues kos maar dhs1 (R2) en is baie gewild in die nie-somer tye. Daar is klompe ander taxi's wat meer kos en a/c het, maar dit is teveel vir die werkers en die besoekers verkies ook om die weer en ondervinding op die oop abras te ervaar.

DSC_0057

Daar is heelwat interessante geboue te sien en natuurlik hierdie moderne houtboot wat aan een van die hotelle behoort.

Page2

Orals is daar ook van hierdie restaurant-bote te sien. Dit kos so dhs300 (R600) per persoon as jy vir twee uur op die creek wil vaar terwyl jy eet.

DSC_0068

Daar is twee van hierdie bus-bote en die ander een is so 'n kort koppie agter ons op die roete.

Page3

Een van die banke langs die creek gee ons kans om onsself in sy vensters te sien.

DSC_0098

'n Ou souk waar daar baie winskopies te kry is. Hierdie een het klompe materiaal winkels.

Page4

Hier is 'n heritage village museum.

DSC_0102

'n Klomp ou geboue, winkels en blyplekke by 'n watertaxi staanplek.

DSC_0112

'n Restaurant.

Page5

Nog deel van die heritage village. En dan is ons watertoer verby, die boot verander in 'n bus en ons vat die pad terug deur nog 'n ou deel na die winkelsentrum.

'n Baie interessante en "anderste" ondervinding.

5 comments:

Desire Fourie said...

Kan nie glo, daar is nog malls wat julle nog nie besoek het nie ... ha ha ha. Dit klink nou na 'n heerlike bus-boot uitstappie en 'n heerlike manier om die stad van uit 'n ander hoek te sien. Dankie weer vir 'n pragtige foto-joernaal.
Mooi bly
Desire

Nelmari said...

Dit lyk baie lekker :)

Sandra said...

Desire ek dink daar is nog baaaaie malls hier wat ons nog nie gesien het nie :-).

Dit was lekker sussie, het jou gemis op die uitstappie veral toe ek die eerste winkel in die mall sien ..... raai raai

Anonymous said...

Ek sal Dubai toe MOET kom, al is dit net om op die busboot te ry! :)

Sandra said...

Toortsie baie ander goed om ook te doen hier in die dorp :-)