Friday, March 16

Lank, lank, gelede

Baie jare terug toe ons hier in die woestynland aangekom het, was naweke en malls heeltemal uit om die eenvoudige rede dat daar geen malls in ons dorp was nie. Dus was een van die naweekaktiwiteite vir ons om sommer net so langs die strand te gaan kamp

. Page1

Een so 'n "gewilde" plek vir jare was op die strand by Fuijerah net so onder die berg. Daar is mooi gesoek na die regte plekke sodat mens windbeskut kan wees, en tog 'n lekker strand he, ens. ens. Dan met die aankom, het elkeen presies geweet wat sy/hy werk was vir die opslaan en inrig van die kampplek.

img354

Dit was oopsee, maar die water was spieelglad en stil, en ons kon vir ure daarin rondhang. Vir ons Kapenaars was dit spesiaal want hier het ons die see en 'n berg gehad.

Page2

Die kinders het hulself ure lank vermaak met allerhande wateraktiwiteite en ons het nie vir een sekonde gekommer oor waar hulle is en wat hulle maak nie - die hele strand was hulle sin.

Page3

Daar was stortgeriewe en met 'n grafie en toiletpapier was daar ook 'n toilet :-) (op die foto is een juis oppad badkamer toe). Ver van die winkels is daar na die naaste moskee gery, onder die boom parkeer en dan waterbottels volgemaak.

img353

Saans met sonsondergang was dit die mooiste prentjie en so doodstil, nie eers 'n brandertjie nie.

img340

Die kinders het kampvuur gemaak met hout wat saam aangery is, en daar is vir ure lank lekker kampvuurstories vertel.

img352

Dit was ons uitsig op snoopy eiland.

DSCF2738

Vandag se uitsig vanuit 'n hotelvenster teen die berg na snoopy eiland. (foto van internet)

img344

Die uitsig na die anderkant.

DSCF2744

En vandag presies op dieselfde plek, die uitsig (foto van internet)

Ons het geweet hoe om 'n kampplek uit te kies ne? :-)

5 comments:

Desire Fourie said...

Ai, dit was nou weer lekker om hier in te loer en te lees van kosbare herinnering wat julle in die woestynland vir julself geskep het. So stap die tyd dan ook aan ... ongelukkig het ons geen beheer daaroor nie.
Mooi bly
Desire

Sandra said...

Dis so lekker om deur die ou foto's te kan loer terwyl ek hulle uitsorteer Desire

Pa-wat-nou-kerrie-vir-ontbyt-eet said...

Jis, my ou Galloper en die "wit" Landrover!
En kyk net hoe klein is die ou kindertjies nog, drie van hulle is dan nou reeds getroud en al die ander op universiteit of amper klaar.

En kyk, my hare was nog alles donker, niks grys nie!

Anonymous said...

Ag nee! Het iemand sowaar julle kampplek ontdek?

Sandra said...

Dis nou 'n vyfster-kampplek Toortsie