Monday, February 20

Aanpassing in die Eikestad

Dis nou 'n maand sedert die begin van die lee-nes hier in die woestyn en die terugvoering van die Eikestad is baie goed. Dit klink asof Nelmari 'n fees het en die studentelewe en hopelik die studies ook baie geniet. Daar was groot speaches gegee voor die tyd hoe sy asb maar moet deelneem aan die "ontgroening" anders kan hulle sake maar moeilik maak vir hulle - maar moes hoor tydens die ouervergadering die ontgroening word vervang met orientering. Ja, ja daai een het ek ook al gehoor .... maar ek was beindruk.

Page2

Synde die koshuis met die meeste eerstejaars (500) dink ek hulle het die hele orientering uitstekend hanteer. Die studente is nie net met fun goed tuisgemaak nie, maar hulle het die dorp leer ken, hulle klasse, bib, ens. besoek en is goed ingeburger.

Page3

Een van die fun aktiwiteite was die opstel van 'n wereldrekord-mense-dominoes wat vir groot pret gesorg het.

Page4

Die lekker koshuisgronde het hom lekker geleen vir die voorbereiding van die trollieresies en die gees was goed onder die klomp eerstejaars.

Page5

Die koshuis het ook vanjaar sy eie saal in gebruik geneem en dit is elke aand gebruik om te oefen vir vensters en/of kuier

.Page7

Vanwee die GROOT getal eerstejaars by hulle koshuis het die saamkuier met die ander koshuise nie altyd so goed uitgewerk nie. Daar was volgens Nelmari 7 meisies vir elke ou van die ander seunskoshuis en hulle moes toe plaas van met een ou kuier, 'n speed-date sessie he :-).

Page8

Net voor ek teruggekom het, wou ek met haar kuier en sy vertel toe dat hulle nie kan nie, hulle gaan see toe - ook maar hartseer oor die feit dat sy die see bo my verkies :-), hoor ek die volgende dag nee hulle is teveel om see toe te gaan - hulle gaan swembad toe. Vir my maak dit minder sin want 'n swembad is mos kleiner as die see, maar moes later die oggend lag toe sy vertel hoe hulle moes aanmeld en toe eintlik net op die grasperk voor die ingenieursgebou gaan "swem" het. Hier kan julle die verskillende "swemslae" sien. Hulle is darem so af en toe natgespuit en ek hoor wanneer die HK 'n haai sien was daar erg gegil.

Page10

Daar is ook lekker bondelsport gedoen en natuurlik die vensters opvoering. Ek dink aan die einde van die "orientering" was almal tuis in die dorp, universiteit en koshuis. Hulle kon voor die tyd kies of hulle wil inskakel by die orientering - dit was vrywillig - maar ek dink vir enige een wat dit nie gedoen het nie, is daar groot uitgemis.

Ons is bly dit gaan sover goed Nelmari. Ons en die dorp mis jou, maar ons weet jy's presies daar waar jy moet wees :-), geniet dit sussie!

11 comments:

Desire Fourie said...

Ai hoe het ek nou terugverlang na my studentedae, waar ons (gedoop as kanonne) onder andere in die vroee donker oggendure moes le en tan in die koshuisgange, sonbrille, sonbrandolie, handdoeke, hoede en al! Eks seker Nelmari gaan hierdie orientering vir die res van haar lewe onthou. Eks seker julle mis haar baie maar is verheug dat sy gelukkig is.
Mooi bly.

retha said...

Soos wat die pret lyk is dit nie moontlik om vreemd te bly nie.
Weet nou nie of 'n ma moet jammer of bly voel oor die 'speed date' nie :o)

Anonymous said...

Ai, jou ou dogtertjie is nou ver van jou af - gelukkig is myne nou weer naby vir 'n slag!

Ek's bly sy geniet dit. Sou aaklig gewees het as jy kort-kort 'n trandedal gehad het, lol!

Ninette said...

Lyk so lekker - ek verlang terug na daardie tyd toe!

Sandra said...

Ek stem Desire, dis lekker herinneringe wat gemaak word. Was jy ook op Stellenbosch?

Retha die ma se liewers niks hieroor nie :-)

Sandra said...

Hallo daar Turksvy lanklaas van jou gehoor. Lekker dat jou dogter nou naby is ... dit maak nie op vir jou seun wat ver is nie ne.

Dis seker iets wat mens nooit sal vergeet nie Ninette.

Paula said...

Dit is goed om te sien dat sy so mooi aanpas!

Sandra said...

Dis goed vir die moederhart Paula, veral omdat dit nog ver ook is.

Anonymous said...

Bly dit gaan so goed! Ek gaan Dinsdag S/Bos toe, so as ek met iets kan help, inbox my asseblief!

Anonymous said...

Bly dit gaan so goed! Ek gaan Dinsdag S/Bos toe, so as ek met iets kan help, inbox my asseblief!

nikita said...

Dit klink en lyk heerlik. Dis waar, sy moet maar aan als deelneem - en die positiewe gees so behou, anders maak jy dit net vir jouself en ander onaangenaam - in elk geval die beste tyd van mens se lewe. :)