Thursday, December 29

Mengelmoes van kleure en geure

Ons kan die laaste week of twee glad nie kla oor die weer nie, dis regtig heerlik koel en in die lae twintigs ~ wat beteken dat mens net jou baadjie wil uithaal en dra want dis koud! Dus die regte weer om weer 'n besoek aan die Global Village te bring aangesien dit nie gedurende die somermaande oop is nie.



DSC_0018



Alhoewel die park al 15 jaar bestaan (so lank soos ons hier is) is dit maar die derde keer dat ons daar gaan kuier en veral na 'n klomp bouwerk was ek nuuskierig om te sien wat daar gedoen is.



Page1



Hulle se dit is die grootste toerisme, vermaak en inkopie projek in die wereld .... natuurlik mens weet mos die ouens hou van grooter, beter ens. Ek's nie heeltemal seker van die feit nie, maar dat dit jaarliks meer as 6 miljoen mense trek en dit in die paar maande wat dit oop is, glo ek, want dis besig!!



Page2



Omtrent 25 lande het stalletjies, en dan bedoel ek STALLETJIES waar goed uit die land verkoop kan word. En as mens so instap en die kleurvolle items, materiale, matte, beddegoed, skoene, ens. ens. is so kleurvol uitgestal, stap mens baie moeilik daar verby sonder om iets te koop. Anders as my maatjies, kan ek dit natuurlik doen :-).



Page3



'n Plek waar die wereld bymekaarkom sodat mens kan koop en na opvoerings en uitstallings van die onderskeie lande kan kyk. Hier is die stalletjies van Spanje, Syria, Tunisia, Morocco en die Philippines.



Page4



Ja, daar is 'n Afrika paviljoen ook, maar jy gaan hard soek as jy SA soek. Dis Afrika en al die produkte wat mens maar voor die dieretuine en vlooimarkte kry. Mens het eintlik gehoop daar is so 'n bietjie "huis" iewers uitgestal.



Page5



Dis 'n baie feestelike atmosfeer en orals is daar klein opvoerings van danse en musiek van die verskillende lande.



DSC_0041



Die mensgemaakte "rivier" wat deur die village loop waar mens op 'n abra kan vaar. Met al die liggies lyk dit vreeslik mooi. Neem kennis van die baadjies en stewels .... dis winter :-).



DSC_0052

En altyd nog 'n tydjie om rond te soek vir 'n winskopie en ek moet erken dat party produkte wel goedkoper hier is.


DSC_0074



Daar is ook 'n groot pretpark, maar die meisies het slegs op die "big wheel" gery om die liggies van bo af te kan sien.



DSC_0102



Moeg geloop soek ons vir 'n lee bankie en die enigste een is op die "rivier". Maar ons word bederf met 'n pragtige watervertoning reg voor ons :-)




En so met die wegloop 'n Global Village-vertoning in die water en rook met laser .......


Hoop julle almal geniet nog 'n heerlike vakansie!


Liefde


6 comments:

Anonymous said...

Dankie vir die foto's, ek's mal oor die kleure. Wens ek kon dit sien.
Riana F

Sandra said...

Jy en Pieter sal moet kom kuier Riana :-)

Anonymous said...

ek het ook die hele tyd gehoop vir die SA stalletjie.... :)

Charmaine said...

Dit was so heerlike uitputtende uitstappie.

Sandra said...

Toortsie ons land het so baie om mee te spog en uit te stal, maar daar is net nooit geld daarvoor nie ~ en dit terwyl selfs 'n land soos Afghanistan 'n stalletjie het.

Sandra said...

Was lekker maat en volgende keer dan vat jy sommer die mandjie van die begin af :-)