Saturday, November 5

Elke dag iets nuuts

Ons tydjie in die klein dorpie van Outjo is lekker besig. Die hoofdoel van ons besoek was om te kyk na moontlike projekte waarmee ons in die toekoms kan help en aan gaan werk en terwyl ons dit doen, is daar ook bykans al om die twee uur berading wat gedoen word.

Page2


Iets waarvan ons net nie genoeg kry nie, is die lekker buitewees en wakker word met al die dieregeluide en selfs "Drummer" (die great dane) wat ook wil he Elriza moet opstaan en kom speel. Ons ontmoet die twee dogtertjies wat ons kindergroep "aangeneem" het en kuier lekker saam met hulle en met een van die vroue selgroepe in die dorp.


Tydens ons tydjies saam met vroue, kinders en tieners van die dorp ervaar ons Outjo. 'n Klein dorpie waar daar baie werkloosheid en seer is, maar ook 'n omgee vir mekaar. Na die paar daggies kan ons en die bakkie nie juis dorp toe ry sonder om heeltyd vir almal te waai en groet nie. Almal weet by noual van ons en ons voel soos ou vriende :-).


Page3



Ons besoek die Maarssens Boesmanskooltjie. Hierdie skool is oorspronklik gestig om wees en straatkinders 'n plek te gee waar hulle kan leer. Ons is beindruk met 'n baie dinamiese skoolhoof wat vir "haar" kinders net die beste wil gee. Die skool het so 400 leerlinge waarvan meer as 200 kinders sonder ouers is, met die res van baie arm ouers. Maar die skoolgebou word so netjies gehou deur die skool en gemeenskap. Een van die projekte waar ons graag mee wil help volgende keer is hulp met die inrig van 'n kombuisie. Op die foto's kan julle sien hoe netjies die skool instand gehou word, bo regs die swartpot waar die kinders se een maaltyd van die dag ...pap gemaak word, onder links die boom waar hulle sit en eet in die hitte en regs onder die sportveld.


Page4


Die kinders is so geesdriftig om te leer en die onderwysers probeer met die bietjie hulpmiddels wat hulle het klaar te kom. In een van die klein klassies het die juffrou die klaskamer klein hoekies gemaak waar kinders oa kan leer van hulle self versorg, mediese versorging en kos koop. Daar spesifiek is ou en lee blikkies en boksies sodat die kinders kan leer wat om te koop. Dit was nogal sleg om te sien dat die blikkies bv ou gebruiktes is wat reeds oopgemaak is en dus die kleintjies lelik kan sny. Die skool het ook 'n bid tuintjie.


Page5


Ons word ook bederf met 'n heerlike wildrit by een van die lodges en Elriza help met die voer van die volstruise en die jagluiperds ... laasgenoemde darem op 'n afstand.


Page6


Dis 'n wonderlike ervaring.


Ons kry ook weer kans om by die skool te gaan help en kos aflaai en spandeer baie tyd in die "tee/biertuin" op die dorp waar ons baie mense ontmoet vir koffie en gesels voordat ons met hulle kinders praat. Ek dink ook ons kry byna die "onmoontlike" reg om vir 'n besige, lewenslustige, aktiewe Vicky moeg te kry :-).

Dit is mooi wereld hierdie en ons word regtig gebless om alles te kan ervaar.


3 comments:

Anonymous said...

Ek het nie by al jou Outjo-skrywes kommentaar gelewer nie, maar ek belowe jou, ek het almal gelees!
Wat 'n wonderlike ondervinding. En DANKIE dat julle daar uit Saudi terugkom en kom terugploeg in Afrika. God seën julle en julle werk!! :)

retha said...

Stem met jou saam dit is baie mooi.
Moet net nie vir my man sê ek sê so nie, anders trek hy dadelik! woestyn toe.

Sandra said...

Ons het so baie geleer hier Toortsie, dis 'n groot blessing.

Watter woestyn toe Retha? Ons bly ook in een hier in Abu Dhabi :-)