Monday, August 8

'n Bietjie geskiedenis in die veld

Na 'n paar heerlike koue dae met reen, is daar eintlik weer 'n bietjie sonskyn en 'n kans om een van die plekke op my lysie te gaan besoek.


Page1


Die iKhwa ttu is 'n plek waar mens meer van die SA San of Boesman menses kan leer en sommer met die inry by die hek is ons al opgewonde toe die bokke sommer so voor die motor oor die pad verby loop.


Page2


Die kultuursentrum is 'n pragtige ou huis met 'n moderne ontvangs en 'n lekker warm kaggel vir die koue. Net langsaan is 'n tradisionele restaurant met die interessante disse op die spyskaart.


Page7


Die toer begin waar ons dmv foto's meer van die San kultuur leer en dis ook interessant om te hoor dat die San-mense eers die gebruik van 'n kamera geleer het, toe die tegniek van foto's neem sodat dit hulle eie foto's is wat gebruik is vir die storie.


DSC_0074


Dan leer hulle 'n paar van die taal se "tongklappe" en om so 'n paar woordjies te se. Die drie van hulle konsentreer hard op die papier oor hoe om die klanke te maak.


Page5


Tradisionele tekeninge is deur drie van die San mense gemaak - dit beeld hulle geskiedenis uit. Die prent onder regs beeld bv ook die San mense wat saam met ons soldate destyds in Angola geveg het


DSC_0078


Deur die venstertjie van een van die prente. Julle kan sien dit was maar lekker koud.


Page8


Dan stap ons op 'n voetslaanroete om na die plante en blomme te kyk en ook te ruik. Party ruik duidelik nie so lekker nie.


Page9


Ons kyk ook na 'n tradisionele stat en hoe hulle gebly het. Duidelik nie gemaak vir lang mense nie.


DSC_0113


Een van die huisies oppad terug na die kultuursentrum toe.


Page10


Vir die volgende deel van die toer sit ons agter op 'n wa en trekker terwyl ons deur die "reservaat" ry.


DSC_0133


Orals is springbokke, zebras, bontebokke, volstruise ens. te sien. Ook tradisionele huisies. Tot teleurstelling van die kinders word die jaggedeelte van die toer weens die weer nie gedoen nie, maar miskien 'n volgende keer.


Page11


Ek's bly ons het ook 'n bietjie van die geskiedenis gaan leer en dit was regtig 'n heerlike dag buite in die veld al was dit ook ysig koud.


Ons kuier nog lekker!


6 comments:

Sonja said...

Dis baie interessant! Ons gaan binnekort die San se geskiedenis doen in ons tuisskool en dit pas sommer nou mooi in! Dankie vir die kykie wat jy bring!

retha said...

Het nog nooit van die plek gehoor nie. Hou baie van die 'venster' muur.

Sandra said...

Dit was baie interessant Sonja, jou Kinders gaan dit geniet. As ek by huis is scan ek vir jou die taalklanke en hoe om dit uit te spreek.

Sandra said...

Ek is ook mal daaroor Retha

Anonymous said...

Dankie dat jy vir ons so 'n mooi kykie oor ons eie land gee! Dis so interessant!

Anonymous said...

Dankie dat jy vir ons so 'n mooi kykie oor ons eie land gee! Dis so interessant!