Tuesday, June 21

Onnies teen die Leeus

Soos die tradisie is, het die juffrouens verlede week vir oulaas die jaar, teen die Varsity dogters basketbalspan gespeel. Natuurlik is dit 'n baie goed beplande wedstryd. Nie net wag die onnies totdat die regte seisoen klaar is nie, maar wag hulle ook totdat meeste van die skoolspan of net klaar is met eksamen of besig met eksamen :-).


DSC_0193


Volgens hoorse het die klomp al 'n hele klompie oefeninge agter die blad voor die wedstryd datum. Hulle het ook seker gemaak dat hulle 'n groot groep het sodat daar elke paar minute vars bene kon opkom. Hier voor die wedstryd is hulle ernstig besig om taktiek te bespreek.


DSC_0194


Die dogters, veral die Graad 12's wat spesiaal skool toe gekom het al is hulle al klaar met skool, is bietjie onseker oor hulle fiksheid maar sien uit na die wedstryd.


DSC_0195


Nr 25 (lees Nelmari) kry vir oulaas kans om die bal in haar laaste wedstryd te wen.


Page1


Die leeu is ook daar om sy span te ondersteun en die kleintjies het meer vreugde met hom as om te sien hoe hulle "miss" se span verloor.


DSC_0204


Nelmari gereed om haar laaste doel in 'n skoolwedstryd te gooi.


DSC_0209


Alhoewel daar 'n paar krap merke was, was die wedstryd relatief "skoon" teen vorige jare en is geen tandemerke gevind nie :-). Die varsity span behaal 'n weghol oorwinning in 'n wedstryd wat in baie goeie gees gespeel is.


Goeie wedstryd net soos my span wat Saterdag lekker gewen het!!


3 comments:

Pa-van-die-dogter-wat-aanhou-terug-gaan-skool-toe said...

Wel die skooljaar is nou amptelik verby en die skool sluit, kom ons kyk hoeveel verdere "sessies" nog ingepas kan word.

Anonymous said...

Vanjaar is ook my jaar van "laastes", met my allerlaaste laatlam wat in matriek is. Dis nogals 'n anderste ervaring...

Sandra said...

Sterkte met die matriekafskeid en eksamens wat nog voorle Toortsie