Thursday, May 19

Toegang tot die eiland


Met Nelmari wat nou haar laaste skooleksamen skryf, was ek die laaste tyd enige tyd van vroeg tot middag oppad eiland toe om haar by die skool af te laai en elke keer was daar honderde motors wat almal ewe ongeduldig is wat saam met my op die pad is. Mens mis die dae toe die dorp heelwat minder motors gehad het. Ek besef net weer dat hierdie dorp verskriklik gegroei het in sy kort lewe en dat onsself 'n paar nuwe toegangroetes tot die dorp/eiland beleef het.


abudhabi-masdar


Op hierdie foto wat ek van die internet af geleen het, kan julle mooi sien dat die dorp Abu Dhabi reg rondom hom water het.


An aerial shot of the empty land of Abu Dhabi, and the road (or  bridge) that was a beginning to Abu Dhabi's future. 

Courtesy Al Ittihad


In 'n boek wat ek gelees het, skryf hulle hoe hulle met 'n klein roeibootjie van die eiland na die vasteland geroei het. Die wagpos was die geboutjie op die foto onder regs.


2039892


Met ons koms was daar nog steeds net die een brug, maar daar was geboue en bome is orals begin aanplant. (Foto ook vanaf die internet)


DSC_0004


Op 'n stadium het die verkeer meer geword en 'n tweede identiese brug is gebou.


157647


Die ou waghuis is omskep in 'n museum en reggemaak en ek wonder hoeveel mense het dit al besoek omdat dit so half uit die dorp uit is.


DSC_0001


Elke keer wat ek onderdeur die brue ry - dit is oppad na een van ons gunstelinge eetplekke - probeer ek altyd 'n foto van die toring neem want ek het nooit geweet hoe lank gaan dit nog staan nie. Hierdie mense het vroeer nie veel aandag gegee aan restoureer nie, maar ek sien darem die toring word reggemaak.


DSC_0005


En toe rondom verlede jaar is daar weereens 'n brug gebou om te help met die toenemende verkeer.


02-Sheikh%20Zayed%20Bridge-20%20October%202010


Hierdie foto is deur 'n helikopter maatskappy geneem en wys baie mooi die drie brue langs mekaar met nog steeds die toring en waghuis te siene.


Die drie brue is al lankal nie meer die enigestes wat toegang tot die eiland verleen nie. Dit maak nouwel die verkeer bietjie beter, maar hoeveel motor kan die eiland nog vat. Ek weet ek en klompe ander motoriste voel dis nou genoeg. Wonder as hul die motor en brandstofpryse opstoot of dit 'n verskil sal maak - ek sien nie juis dat dit in SA 'n verskil maak nie.


6 comments:

Unknown said...

Dit klink amper erger as Hermanus!

Sonja said...

Dit is darem baie ontwikkeling! En ja, dit lyk sowaar of mense net hier voortgaan met wat hulle wil doen al word alles duurder!

Sandra said...

Ewald ja Hermanus kan nogals besig wees :-), maar behalwe vir die hoeveelheid motors wat anders is, het ons mense daar in Hermanus 'n bietjie meer geduld en padmaniere as hier. Wag en kans gee is soos in glad nie in die dorp se woordeskat nie.

Sandra said...

Sonja ek verstom my elke keer as ek in SA is. Ons lees oor en oor hoe duur alles daar is (en ek weet dit is), maar die motors word net blinker en groter.

retha said...

Sandra saam met die blink en groot motors, verstom ek my oor die spoed waarmee gery word. Elke keer se ek maar vir myself moet iemand wees wat nie vir petrol betaal nie.

Die groot motors mag dalk begin kleiner word. Daardie eienaars begin nou besef die motor toelaag + belasting is eintlik nie genoeg vir daardie maandelikse betaaling nie. Weet van 'n paar mense wat reeds kleiner motors gekoop het.

Terug na jou post, hierdie mense gee nuwe betekenis aan "waar daar 'n wil is, is daar 'n weg" (of dalk 'n brug. hie,hie)

Sandra said...

Hulle het nou begin om van die eilande rondom Abu Dhabi met die hoofeiland te verbind ook met brue - ek sien sommer klomp brue in die toekoms :-). Gaan dit nou beter met die gesondheid Retha?