Saturday, April 9

Ontdek die toekoms

Baie Kapenaars was nog nooit op Tafelberg nie, of Gautengers by die Voortrekkermonumnet nie, maar hulle was al oorsee of allerhande plekke in ons mooi land. Ek het nog altyd gedink mens leer eers jou eie plek ken voordat jy nuwes ontdek - maar gister het ek weer gesien dat ek elke dag verby iets kan ry sonder om te weet wat daar aangaan.


DSC_0003


Die kerk het 'n saam uiteet by die Masdar City gereel en alhoewel ek presies geweet het waar dit is, was ek nog nooit daar nie. En ons was verras om die minste te se.


Masdar is 'n projek van die regering waar 'n stad ten volle op solar energie en ander goed soos zer0-carbon, zero-waste ens gaan staatmaak. Wanneer dit klaar is, sal dit ook die hoofkwartier van IRENA (Internasional Renewable Energy Agency) wees.


DSC_0009


Daar aangekom kan mens sien dis nie sommer 'n plek waar jy kan haastig inhardloop vir 'n brood nie, want almal moet eers wag vir die "Podcast" karretjies wat jy van die parkeerarea na die kompleks toe neem. Hulle se mens wag net 3 min, maar ons groepie het natuurlik gesorg vir die uitsondering.


Page2


Ons was gefassineer deur hierdie karretjies wat presies weet waarnatoe om te gaan sonder 'n bestuurder en dan nogal stop as 'n ander een aankom. Hulle ry nogal vinnig en glo my hulle rem net so vinnig - ons het nogal gedink veiligheidsgordels wat daar nie is nie, is 'n moet. Alles is nog in die ontwikkelingsfase en alhoewel die karretjie op sy eie ons redelik besig gehou het, hoop mens dat hulle later die roete ook bietjie sal opkikker met kleur.


DSC_0010


Daar word nog vreeslik gebou en gewoel en die beplanning is om in 2025 klaar te wees. By voltooiing sal daar behuising vir 50 000 mense wees en omtrent 1500 besighede en twee universiteite wees.


DSC_0017


Die kerk het by 'n kafeetjie geeet en dis seker een van die min plekke in die dorp waar mens vir onder dhs20 'n buffet kan kry. Daar is ook reeds 'n sushi bar, koffiewinkel en organiese winkel oop.


DSC_0015


Ek hoop nie daar word hier gelag vir my "ondervinding" in die karretjie nie.


Page1


In die parkeerarea is daar ook rye elektriese motortjies wat gelaai word vir rondry in die stad. Hulle is te oulik.


Ons sal beslis hierdie ontwikkeling weer besoek.


Lekker naweek en mag die beste span wen vandag.


8 comments:

William said...

Wow that's a very cool idea, but going from the rush of the city to that, must feel very strange.

Sonja said...

Sjoe, dit is baie interessant! Dit moes n belewenis gewees het. En dit is waar wat jy se- n mens ken nie altyd alles om jou nie! Sommer simpelgeit!

Sandra said...

Dink net seun geen taxi's nie!

Ek dink mens moet eers jou eie plek ken voordat jy begin rondreis Sonja. Hoe gaan dit met jou?

retha said...

Daardie karretjies herinner my aan Buck Rodgers.

Charmaine said...

Ja nee die toekoms is met ons. En sonder sitplekgordels gaan mens heeltyd op jou kniee wees of hoe maat? ;-)) Hoe voel die knie vandag?

Sandra said...

Buck Rodgers, jinne Retha dit vat my baie baie jare terug :-)

Is sitplekgordels dalk nie groen nie maat? Die knie is ok, maar ek het my kamera-arm baie seer gemaak :-)

Anonymous said...

Amper iets soos 'Beam me up Scotty!! Dit lyk vreeslik interessant. Is daar darem al plante en bome en sulke goeters?

Sandra said...

Pikkie lekker om jou weer te sien. (kon nie comment daar by jou nie). Die mense hier is nogal sterk op tuine ens. en ons het nie vreeslik rondgeloop nie, maar daar ek kon klompe palmbome sien.