Tuesday, April 12

‘n Belangrike verjaarsdag

Almal sien verseker altyd uit na hulle 18de verjaarsdag, want dis wanneer mens "amptelik" as groot beskou word en Nelmari was geen uitsondering nie. Vir 'n hele paar weke moes ons 'n spesiale soort tee drink want sy het die bottels benodig vir haar "message in a bottle" uitnodiging. So eintlik was ek baie dankbaar toe die "partytjie" uiteindelik aanbreek. Op die eiland met 'n Hawaii tema ma was die opdrag en so was dit ..... 'n Paar van ons het met die eerste boot uitgegaan om alles te gaan op- en regsit.


Page3


Daar is baniere opgesit, lanterns gehang en goed opgeblaas dat die sand so staan terwyl die vleise en vrugtes gesny en gepak is. En die weer was al goed warm ...


DSC_0021


Die boot is teruggestuur om die verjaarsdagmeisie en paar pelle te gaan oplaai.


Page4


Intussen het Leane en Elriza die "hula-dans" geoefen en reggemaak om die gaste te ontvang.


DSC_0045


Die klomp is oppad. Het ek al genoem dat dit verskriklik warm is :-)


Page1


Hulle word welkom geheet deur Leane en Elriza.


DSC_0057


Heel eerste word daar vir die verjaarsdagmeisie gesing want die koek is al ernstig besig om te smelt.


Page6


Dan is daar 'n paar ritte met die boot waar meeste 'n rit of twee op die tube kry. Vir party was dit 'n eerste keer en ons moes belowe om stadig te ry. Die honde kry ook kans en hoe langer hulle op die boot is, hoe meer geniet hulle alles wat aangaan.




Nelmari moet ook hier tussen die branders klou vir lewe en dood op tydens haar rit.


DSC_0108


Die klomp is heeltemal bereid om vir die kamera te glimlag.


Page9


Eettyd en rustyd vir party ....


Page7


Tussen in het die hondjies bietjie geswem, van die meisies het le en bak in die son, party het gaan stap en ander het net rustig na alles gekyk ..... ek se weer, dit was warm!


Page8


Wat sal 'n warm seedag sonder waatlemoen smeer wees.


DSC_0214


Moeg, rooi gebrande groep op die boot terug land toe.


Dankie aan almal wat gehelp het om die dag vir Nelmari spesiaal te maak.




10 comments:

Vlam said...

Heia!!! Uiteindelik kom ek hier uit - hoop net hy vat my comment!

Dit lyk of dit 'n baie warm dag was, Sandra? :-)
Maar 'n lekker dag, nietemin! Baie geluk aan Nelmari!!

Vlam said...

Woohoo!!! Daar's hy!! :D

William said...

Lekker sis, looks like it was just as much fun as it looks in the pictures. Party party!!

retha said...

Vir 'n kort oomblik het ek gedag die hondjies is bobejaantjies in die arms.

Baie geluk! Lyk darem of hul genoeg sonblok opgehad het.

Sonja said...

Baie geluk Nelmarie! Wow,maar jy kan klou, wanneer probeer julle bietjie Rhodeo??? Ek is mal oor die gees onder julle lot! Dit lyk of dit n baie lekker dag was!

Sandra said...

Dit was warm vlam, vreeslik warm, :-)!! Dankie en lekker om jou weer hier te sien.

Ons het jou daar gemis seun, jy sou verseker die tube rit geniet het :-)

Sandra said...

Jinne Retha jy moet nie dat die hondjies se ma hoor jy dink hulle is bobbejaantjies nie :-).

Weet nie van die sonblok nie want 'n paar is maar lekker rooi - daar word mos nou "getan" vir die prom wat voorle. Nelmari kla weer sy het niks gebrand nie

Sandra said...

Sonja hoop dit gaan goed daar! Blykbaar klou mens so van bangheid :-). Dis vir my ook nogal lekker dat die kinders oftewel jongmense kan sien "gesonde pret" is ook lekker.

Carlien said...

Hi Sandra!
Lekker om jou blog ook te sien. Dankie vir jou comments op myne!
Lekker dae vir julle verder,
Carlien :)

Sandra said...

Carlien ons weer tel nou baie op, maar anders as julle daar in Sri Lanka het ons darem a/c op die oomblik :-)