Thursday, March 10

Van die eiland na die eiland

Ek kan nie glo dat ons alweer in die middel van Maart is nie. Die jaar het met al so dingetjies met 'n spoed en besig wees weggespring. Nie dat ek kla nie, want meeste van alles is iets wat ek verskriklik geniet. Na ons eerste kerkdiens op die eiland van Sir Baniyas, is 'n maandelikse diens nou op die lys en ons sien uit daarna om te sien wat Vader daar beplan.

Page7

Gewoonlik het ons 'n groepie jongmense saamgeneem om die diens ook by te woon, maar hierdie maand met netbaltoernooie ens was dit net 10 van ons. En watter lekker verrassing om soveel van die eiland Suid-Afrikaners hierdie keer te sien. Dit was lekker om die "ou" en "nuwe" gesigte te sien en daar was 'n besondere boodskap vir elkeen van ons.

Page1_0

Weereens is ons genooi om saam met die inwoners te eet. Een van die mans op die eiland is 'n plantkundige en na ete het hy almal geintereseer met inligting. Die "tandestokkie" het almal aan die proe en byt gehad alhoewel ek nie weet of ek weer daai gras tussen al die ander sal herken nie.

Page2

Die kameelperde was soos altyd 'n gewilde stop en honderde foto's deur almal geneem. Mens kan nie help nie, hulle is so oulik.

Page3

Ons het gevra vir 'n seestop want Nelmari soek skulpies vir haar verjaarsdaguitnodigings en soos gewoonlik het ons dit vreeslik geniet.

Page4

Wou darem ook vir die nuwes in die groep die ou kerk uitgrawings gaan wys en om te sien hoe hulle stukkie vir stukkie nuwe mure uitgrawe. Die moontlikheid is genoem dat ons selfs 'n diens hier by die uitgrawings kan kom hou ... dit sal so lekker wees.

Page5

Die bokke was hierdie keer baie nuuskierig en het selfs na ons in die motor kom loer. Die kleintjie op die foto links het baie ooooooee en aaaa's gekry en ons het gehoop die trop hardloop nie bo-oor hom/haar nie.

Page6

Daar is altyd so 'n heerlike rustige gevoel as mens op die eiland is en mens voel half hartseer as jy die eiland moet verlaat en die besige paaie moet aandurf, maar darem is dit net tot April.

Liefde

2 comments:

Thea said...

O julle is SO gelukkig om 'n kerkdiens op so 'n pragtige eiland te kan hou/bywoon. Ek sien daar is darem so 'n effense brandertjie Sandra. :-)

Sandra said...

Thea moenie grappies maak nie, ons het storm see gehad jong - die boot het behoorlik geskommel :-)