Thursday, March 24

Tussen die ontwikkeling en glasgeboue

Ek het al baie vertel van al die ontwikkeling en hoe geboue wat orals opspring in die dorp - en meeste van die tyd kan mens ampertjies vergeet jy's in die woestyn. Een van die "goed" hier wat my elke keer terugbring na die "woestyn" en iets wat ek so geniet om te sien is dit ....

DSC_0065

Kamele is nog steeds ondanks al die groot 4x4's en plat motors deel van hulle. Oppad mall toe het Nelmari sommer die outjie agter op die bakkie afgeneem.

DSC_0067

Wonder of die ou ook mall toe gaan? Dit lyk darem asof sy/hy baie geintereseerd is in al die 4wiel kamele rondom. Miskien wonder hy ook of sy oupa en ouma lank terug die oorspronklike pad uitgeloop het.

Amper naweek vir almal!

10 comments:

Cecile said...

Haha, En dit lyk nogal lekker tuis ook op die 4x4. Moet seker elke keer saam met die baas rond ry.

retha said...

Of enorme 4x4s of net n ou vulletjie. Wat noem mens n kameel kleintjie, Sandra?

Sandra said...

Cecile dis net so oulik as hulle partykeer binne in die groot 4x4 sit en deur die vensters loer :-)

Uhm Retha ek weet nie, miskien 'n kameeltjie? :-)

Sonja said...

Dit is te oulik! Interessant hoe diere n mens laat voel.

Jan and Miekie said...

Dis soos om voorbereid te wees vir alle omstandighede - iets soos om kerse en vuurhoutjies byderhand te hĂȘ vir ingeval daar 'n kragonderbreking is! Maar daardie ou kameeltjie lyk darem te klein vir ry? Miskien kan 'n mens pakkies op hom laai as die kar gaan staan oppad terug van die mall...

Sandra said...

Sonja die kamele het die pragtigste oe.

Jy gee my nou 'n idee Miekie. 'n Kameel in die mall (kleintjie natuurlik) om die pakkies te dra - en hulle sal nie eers kla daaroor nie :-)

Anonymous said...

Ons is opsoek na 'n storie oor Koos ... enige iets wat hy doen of nie doen nie. Waar kan ons jou mail oor die fyner detail :-)

Thea said...

Hehehe dis te oulik!! Van die oorspronklike pad gepraat... ek's besig om die boek te lees wat jy vir my gestuur het oor Abu Dhabi se geskiedenis. Mens kan nie glo dat dit op 'n tyd so primitief gelyk het nie!

Sandra said...

Koos se anonymous vriend ek's altyd reg vir 'n storie met foto's. My epos adres is op die blog.

Thea ek kan nie eers altyd dink dit het gelyk soos dit gelyk het toe ons hier gekom het nie, die ontwikkeling is iets ysliks :-). (Lekker om van jou te hoor - hoe gaan dinge nou daar?)

Thea said...

Ai Sandra ek wens ek jou vir jou 'n dag en datum gee maar op hierdie stadium kan ek nog nie. Daar is nog een klein formaliteitjie wat moet afgehandel word maar as dinge verloop soos ons dink dit gaan verloop kan ons dalk oor 2 maande al Ecuador toe gaan. Ek berei my dus op hierdie stadium dus voor asof ons oor 2 maande vertrek net om veilig te wees.