Sunday, March 20

Alles het ‘n einde

‘n Naweek wat die einde van ‘n klomp goed gebring het en natuurlik lekker sport uitslae vir my met die Proteas en Stormers wat ook hulle ding gedoen het.

Page2

Eerstens was dit die laaste wedstryde van die seisoen met die ISAC toernooi in Oman. Die span het 'n goeie UAE seisoen agter die rug en die span se nuwelinge het geweldig ontwikkel, dus het almal versigtig opgewonde uitgesien na die toernooi. Nelmari wat vanjaar haar sport mooi moes balanseer met die laaste jaar van IB het self 'n goeie seisoen gehad en sy wou so graag haar laaste wedstryd met 'n wen afsluit.

DSC_0066

Waar ons in SA gewoond is aan interskole toernooie, kan Nelmari regtig geseend voel met al die geleenthede wat sy deur die jare gehad het. Met haar lengte ‘n groot voordeel, het sy reeds haar skool in Graad 5 by ‘n internasionale toernooi in Cyprus begin verteenwoordig. Hier is die span met uitsondering van die een met die kortbroek, reg om lughawe toe te gaan.

DSC_0068

Hoekom mens dit hou weet ek nie, maar sy het al die toere se vliegstrokies gehou. Sedert Graad 5 was sy in Cyprus (1x), Kuwait (2x), Qatar (2x), Syria (1x), Egipte (1x) en Oman (x5). Toernooie is in die jare ook weens onrus en oorloe partykere afgestel.

DSC_0020

So ‘n hele klompie jare het James hulle se span die leeus op die gym se mure geverf en met William se kuier hier in Januarie, het ons die “laaste” foto van die drie saam met hulle afrigter by dieselfde leeus geneem. Tim het op een of ander stadium die laaste 13 jaar ten minste een Holloway in sy Varsity span gehad en ‘n groot rol ook in die kinders se “sportontwikkeling” gespeel.

DSC_0069

En wat 'n lekker manier om mens se skool sportloopbaan mee af te sluit, die Varsity Basketball kampioene vir 2011!!!

En nou is dit die einde van 'n era van soos hy (Tim die afrigter) dit noem "the Holloway clan" wat skoolsport betref. Ek weet nie of ek bly of hartseer is nie. Maar nou le die universiteit sport voor :-).

GO LIONS!

8 comments:

Will.I.am said...

So so sad what will the poor school do now? Good job sis!!

Nelmari said...

Hehe...with Syndy gone, I have no idea. But maybe a Holloway will take his place :-p

But at least it ended with a bang!( Three years in a row :D)

Sandra said...

Soos Nelmari se seun, ten minste gaan daar darem nog een Holloway by die gym wees :-)

Drie in 'n ry is nie sleg nie sussie!! Ek het beslis nie die begin van die seisoen gedink julle gaan dit regkry nie :-)

Pa-wat-13-jaar-moes-taxi-ry-en-supporter-wees said...

Nou ja, my baba is klaar met skool en die' se sport en my oudste het "oor begin", beteken dit dat ek nog nie heeltemal klaar gery is agter hulle aan nie?

Geluk Sussie, lekker om op 'n hoogtepunt klaar te maak.

James said...

Mooi werk sussie! Dit is 'n fantastiese einde aan baie jare se skool sport vir jou.

Nou is die skool maar seker in minder goeie hande wat atlete aanbetref.

Sandra said...

Soos hulle grootword moet mens hulle toelaat om op hulle eie voete en wiele te kom waar hulle moet wees - maar ondersteun dit moet ons altyd.

Seun beteken dit daar gaan nie meer Holloway hande by die skool wees nie?

retha said...

Bedoel nou nie om inbreek te maak op die familie geselsie nie ;)
Kom nou eers op datum met my lewe na ons tyd weg, daarom se ek nou eers geluk. Ek kan glo jy het sulke botsende emosies na al die jare van sport hier.

Sandra said...

En die feit dat die "baba" nou klaarmaak met skool Retha :-)