Monday, January 17

Saam met die kinders en die rooi karretjies

Het lanklaas weer bietjie nuus gegee maar het so 'n goeie verskoning. Is tans in die Kaap vir 'n kort paar daggies.

Page1

Ek weet ek het al oor Ferari world geskryf, maar met William se kuier het ek besluit om self bietjie saam met die kinders te gaan kyk wat daar aangaan. Ons was redelik vroeg daar, maar self toe moes mens maar in die tou staan vir kaartjies. Gelukkig niks so erg soos die toue van besienswaardighede in Europa nie. Die kinders was bietjie teleurgesteld dat die vinnigste rollercoaster ter wereld af was vir die dag, maar ons het tog besluit om wel op die ander goed te gaan ry.

Page3

Die jongklomp het ernstig elke keer die kaart bestudeer oor waarnatoe hulle wil gaan en die twee "ou" tannies het geduldig saamgestap en behalwe op een ding aan alles meegedoen!

Page4

By 'n uitstalling van ou Ferrari motors, het elkeen sy keuse van 'n motor gemaak.

Page5

Vir kleintjies is daar hope pret en motorritte en mens kon jou verkyk aan hulle gesiggies soos hulle konsentreer om die motors te bestuur.

Page6

Die windtonnel moes natuurlik ook uitgetoets word - dis hier waar jy kan voel hoe vinnig die motors om die baan jaag.

Page7

Daarna is ons ook op 'n 4D rit wat net soos die ware jakob voel. Selfs as die motor deur water jaag, voel ons die water.
Page8

Kyk net hoe hou William se oe toe :-). Nog speelplekke vir die kleintjies en die jongklomp tydens 'n rit deur 'n "ferrari enjin" kom papnat daar uit.

Page9

Daar is selfs 'n rit "deur Italie" en ons het selfs van die bakens herken waar ons verbygery het gedurende ons "toer"

. DSC_0079

Weer 'n 3D rit wat ons hierdie keer moes brille opsit en ja ons ou tannies was by.

Page10

By gebrek aan die vinnigste rollercoaster wat nie gewerk het nie, is daar darem 'n ander opsie ook en hier maak die klomp reg om resies te jaag teen die motortjies op hulle linkerkant.

DSC_0104

Nadat ons baie gestap en gedoen het, is dit tyd om huistoe te gaan en die kinders maak al klaar plan hoe hulle "die volgende keer" se ritte sal aanpak.

Groete uit die Kaap

4 comments:

Sonja said...

Sandra,ek het al 3 emails na jou toe gestuur maar ek bly die undelivered message kry. Nou probeer ek maar hier! Jy het my n week of wat terug gevra of ek iemand in Johannesburg omgewing ken? MY man se hy sal n coerier stuur as jy n adres gee van waar jy wil he die pakkie opgetel moet word. Hoop dit help! Groete Sonja

Cecile said...

Dis lyk heerlik met daai vinnige rides, en daai mooi karre is enig man se droom.

Sonja said...

Ons gaan hierdie week in ons klas oor die Colloseum leer,dankie vir die mooi post so ruk terug daaroor, ek gaan dit ook vir hulle wys!Dit werk goed omdat dit ook uit die oogpunt van n toeris kom!

Sandra said...

Sonja ek het die pakkike gepos en hopelik kom dit hierdie week by jou uit. Ek het jou laaste epos ook ontvang :-)

En party vroue sin Cecile :-)