Friday, January 7

Laaste paar daggies vir William

Seker loshande die aktiwiteit wat William die meeste geniet wanneer hy hier by ons kuier in Abu Dhabi...kayak! Dus met Niel wat hier kuier, moes sy sussie en William hom ook die ondervinding laat ervaar.

DSC_0003

Die drie luister mooi na die gids. Met William en Elriza altwee "ervare" kayakers in die dorp is Niel verplig om ook die 3 uur eiland roete te doen.

DSC_0009

Die twee "pro's" wag vir die ander om in die water te kom.

Page2

Dan is almal bymekaar en daar gaan hulle.

DSCF1433

Nog 'n ruskans of wag hulle vir die agterosse om ook in die kraal te kom?

DSCF1448

'n Eiland naby die dorp waar hulle bietjie bene rek. Kyk net al die flaminke.

Page3

Paddle board is deesdae ook die in-ding hier en die klomp oefen terwyl hulle rus. Ek weet nie presies wat William in die bosse maak nie, maar met die kamera is hy verseker uitgevang.


DSCF1492

Oppad terug maak hulle ook weer 'n draai in die Mangrove ... Ek weet sommer dat daar nog 'n paar ritte vanjaar gaan wees!

Hoop die Nuwe Jaar is sover goed vir julle!

Liefde

6 comments:

Jan and Miekie said...

Dit lyk na groot pret! Geniet die laaste paar dae van die vakansie! (Ek begin volgende week - ek weet ek sal dit geniet as ek eers begin, maar sal die baie slaap mis!)

Mariette. said...

Dit lyk sowaar na groot pret, en nou met die weer wat so lekker is,is dit heerlik om buite te wees.

Sandra said...

Sterkte met die weer begin Miekie, dit kan nie lekker wees nie. Ons is vlg week daar in Pretoria en sal jou swaer te siene kry :-)

Mariette die kinders is mal daaroor of dit nou warm of koeler is. Ek reken koeler maak dit soveel lekkerder. Dis 'n moet op 'n besoekerslysie.

Sonja said...

Dit lyk soooo lekker!! Dit moet seker baie ontspannend wees.

retha said...

"oefen terwyl hulle rus" klink of net baie jong mense so iets kan reg kry ;o)

Sandra said...

Sonja vir die kinders is dit ontspannend maar ek vermoed dit sal vir my inspannend wees :-)

Dis waar Retha, jongmense sien vir baie kans - maar ja ek was ook lank lank terug jonk :-)