Sunday, December 26

Wat ‘n uitsig

Met William hier is daar altyd iets "nuuts" wat geprobeer moet word en hierdie keer was dit parasailing.

Page1

By die strand aangekom op 'n heerlike wintersoggend, moes ons hoor daar is nog nie genoeg wind om die aktiwiteit te kan doen nie. Op die foto regs onder kan julle die vlag op die vlagpaal sien - dit wapper nie eers 'n bietjie nie.

Page2

Die kinders het toe maar eers 'n bietjie op die paddleboats gaan ry. Die oefening sou wel die volgende dag gevoel word :-).

DSC_0014

Waar anders as in die woestyn kan mens op die see paddle met 'n sandduin op die agtergrond.

DSCF1366

Hier kan julle mooi sien hoe lyk 'n amper spieelgladde see met die dorp op die agtergrond.

Page3

En dan is daar 'n effense windjie en Nelmari en William pak die parasail aan. Die benoude gesig verander darem vinnig na 'n glimlag terwyl hulle so agter die boot hang en die dorp van bo-af beloer.

DSCF1378

Die tou vat mens so 120 m in die lug in.

DSC_0066

Eers wou hulle nie gaan nie, maar besluit toe wel en Elriza is net 'n klein bietjie benoud :-)

Page4

Maar dit verander gou as hulle eers in die lug is.

Page5

Van die foto's wat die kinders van bo-af geneem het - Abu Dhabi se Cornish gebied.

Geniet die laaste paar daggies van 2010!

Liefde

11 comments:

Jan and Miekie said...

Het HULLE die fotos so uit die lug geneem? Dit lyk baie lekker. Verg dit vaardigheid of kan enige een dit doen? Ek wou nog altyd gevlieg het...

Paula said...

Genade, ek het nie moed vir daardie hoogtes nie. Pragtige fotos!

retha said...

Die skui streep agter die boot lyk so mooi. O, my goeiste dit is van baie hoog geneem!

Sandra said...

Ja Miekie hulle het van bo foto's geneem en enige een kan dit doen - ek's seker jy sal dit geniet :-)

Voel soos jy Paula :-).

Sandra said...

120 m Retha, ek dink ook dis nogal hoog vir 'n "fun" ding :-). Ek dink ook dis 'n mooi foto wat hulle van daarbo geneem het van die boot

Sonja said...

Oe!! Dis soooo mooi daar! Ek is mal oor die pragtige foto's en dit klink baie lekker om so iets te doen!

retha said...

unschooler by tiscali punt co punt za

Sandra said...

Dis kinders se dit was heerlike Sonja, ekself nie so braaf nie.

Dankie Retha

Heleen said...

Wow dit moes n belewenis gewees het!! Ek sou dit beslis nie gemaak het nie. Well done aan julle wat dit wel gewaag het. Ek glo elke oomblik die moeite werd!!
Heleen

Charmaine said...

Dis maar vir die kinders die. Ek dink nie ek sien meer kans vir die avontuur nie. Dankie maat dat jy die kinders so rondry en vir die pragtige fotos

Sandra said...

Hulle se dit was baie lekker Heleen en my maag was op 'n knop net om op die boot te wees en foto's te neem daarvan :-)

Jy moes gehoor het hoe vertel hulle my ons sal dit geniet en hoe en wanneer ons daarop moet gaan maat - die voordeel van oud word, mens kan 'n dowe oor gooi ;-)