Sunday, December 12

Lekker by die see ..

Dis jaar hardloop so vinnig uit en hier in die land van sand het ons eintlik twee afsluitings per jaar - die normale Desember voordat almal weggaan vir die feesseisoen en dan weer in Junie wanneer die skole vir drie maande sluit. So die jaar spoed in twee kort paaiemente verby en alles moet nog steeds ingepas word.

Een van die goedjies wat ons gedoen het was om vir die eerste keer 'n kerssangaand vir ons kindergroep te he. Almal, ouers en kinders het dit baie geniet. Gaan loer gerus op ons kindergroepblog vir foto's en video'tjies waar ons engeltjies sing, hulle was so oulik.

Die senior tieners het ook kans gehad om so bietjie sonder die ander op die Lulu eiland te gaan kuier en dit was groot pret vir almal. Natuurlik dieselfde naweek as die Dubai 7's, maar ons het darem 'n klompie jongmense gehad wat dit bygewoon het.

DSC_0143

Hier is Elriza saam met twee van haar dogters in haar groep, Nelmari en Minette.

DSC_0146

Deel van Abu Dhabi wat ons verbyvaar met die boot, dit was regtig 'n heerlike wintersdag van 26 grade.

DSC_0234

Waterspeelgoed is opgeblaas en reg vir gebruik.

DSC_0241

Vyf seniors na hulle eerste paar ritte op die tube agter die boot.

DSC_0254

Een van die baie skaduplekke op die eiland waar die tieners gesit en kuier het tydens middagete.

DSC_0292

Water basketbal is gespeel en dit lyk asof die "skeidsregter" die kleinste onder die groep is.

Page5

Elkeen het 'n rit op die tube gekry en op ons kindergroepblog is daar ook 'n video van elkeen. Nelmari is baie ernstig tydens haar rit.





Nelmari se rit. Elkeen het ook op een of ander stadium afgeval en op fb het ons 'n kompetisie gehad om te kyk wie het die beste "geval".


Page6

Elriza verkies om te sit en dit lyk asof sy groot pret het.





Sy het ook nie gekwalifiseer van een van die beste val nie, maar baie dapper het sy vir almal gewaai.

DSC_0360

Hierdie foto beeld vir my Abu Dhabi uit - see vir die eiland, sand vir die woestyn en moderne geboue vir die ontwikkeling.

DSC_0418

Die van julle wat Elriza se foto's op 'n vorige uitstappie gesien het, sal sien dat sy en die gheko nog steeds moet bepaal wie nou eintlik die "baas" is.

DSC_0445

Met die middaggety het die water so vinnig gesak dat die boot gou-gou op die sand was en die tieners moes al hulle krag inspan om dit terug te kry in die water.

DSC_0437

Al die jongklomp wat op die uitstappie was.

DSC_0454

Kon sommer so bietjie van die water af, weer die ontwikkeling in die dorp sien. Daardie gebou op die regte kant (die Baniyas toring met die bal) was toe ons destyds hier gekom het, die hoogste gebou in Abu Dhabi. Kyk net hoe klein lyk dit nou.

DSC_0465

Dan is dit nog net die boot wat uit die water getrek moet word en die einde van nog 'n heerlike dag by die see ....

Lekker week vir julle

Liefde

8 comments:

Jan and Miekie said...

Kry nou self lus vir die see! Almal lyk so rustig en ontspanne en het groot pret gehad.

Desia said...

Dit lyk heerlik, veral daai "wintersdag" van 26C klink goed, ek kyk nou net op die termometer en dis presies -26C hier.

Sandra said...

Dit was 'n heerlike rustige dag Miekie. Gaan julle nie bietjie see toe oor die vakansie nie?

Desia ek hou van koue weer, maar ek weet nie so mooi van -26C nie. Julle bly seker meeste van die tyd binne in die huis?

Jan and Miekie said...

Nee, ons gaan nie weg in Desember nie, maar ons gaan vir 'n paar dae in Februarie (Midmarmyl naweek) en ek sien baie uit daarna!

Sandra said...

En Februarie is eintlik om die draai teen die spoed wat alles nou gebeur. Ek glo dit gaan ook baie goed met die voorbereiding vir die Midmarmyl Miekie

Thea said...

Lyk na 'n baie lekker uitstappie en mens kan sien dat dit 'n lekker "fun" dag was vir die jongklomp!

Sandra said...

Met jongklomp sluit jy natuurlik vir my en Charmaine ook in ne Thea?

Thea said...

Natuurlik Sandra, hoe dan nou anders? :-)