Monday, November 15

Soveel lekker dinge

Die afgelope naweek het ons afgesit na Sir Baniyas eiland vir twee misies, die een nog in die baie begin stadium en die ander een ‘n groot geheim vir ‘n maatjie se verjaarsdag.

DSC_0001

Dis ‘n natuurlike eiland 250 km se ry wes van Abu Dhabi en vandaar 9 km met die boot. Die eiland self is 17.5 km noord tot suid en 9 km oos tot wes. Die lieflikste see en berge wat so 148 meter hoog is wat dit die grootste natuurlik eiland van die kus af maak.

Page2

Oorspronklik was dit begin as 'n reservaat vir die Arabiese diere in 1971 deur die toe leier van die UAE, sheikh Zayed. Die naam kom van die Bani Yas tribe wat oorspronklik die eerste inwonders van Abu Dhabi was en volgens opgrawings wat tans daar plaasvind is dit baie baie jare oud. Hier op die foto kan mens die paleis (of huis) sien van die sheikh.

Page5

Vandag is dit nie net ‘n plek waar duisende diere vrylik rondloop nie, maar ook ‘n plek waar mens baie voelsoorte te sien kry. Die eiland word die eerste keer in die geskiedenis genoem rondom 1590 as ‘n eiland waar perels gekry is en later gedurende 1820 deur die Britse vlootoffisiere wat in die Gulf kom verken het.

DSC_0063

Die sheikh se visie was “greening of the desert” en onder sy voogskap is miljoene bome hier geplant en programme in werking gestel wat die arabiese bedreigde spesies kon bewaar.

Page7

Die eiland is die tuiste van omtrent 30 dierspesies oa die arabiese oryx waarvan daar slegs 700 in die wereld oor is, en 400 hiervan word op die eiland gekry.

Page6

Ongeveer 36 argeologiese opgrawings is ook besig op die eiland waar bewyse van inwonders 600 AD gekry is.

Page10

Dit was so lekker om tussen die diere rond te ry en ‘n bonus maar nie een van die oorspronklike redes waarom ons gegaan het nie. Dit was Charmaine se verjaarsdag en nadat ons gehoor het van die “projek” op die eiland, het ons gedink ‘n oorslaap daar sal vir haar ‘n verrassing wees. Elriza het omtrent al haar dae gehad om vir haar ma ‘n oornag tas te pak vir net ‘n daguitstappie.

Page8

Ons het in ‘n personeel-huis gebly met ‘n lieflike strand waar daar gestap kon word en ook waar ons die mooiste sonsondergang kon kyk.

Page3

Etes is by die hotel op die eiland geniet en dis regtig ‘n besonderse plek met heerlike kos.

Page11

Hulle het ook die mooiste strand en swembad vir die mense wat daar bly. Die eiland het ook allerhande aktiwiteite soos wildritte en kayak ens. ens.

Page12

Rondom die hotel is net water en daar is allerhande voellewe.

Page13

Die laaste oggend het Elriza bietjie die seewater gaan voel en dit was amper soos ‘huis-see’ want die branders maak sowaar ‘n geraas ook.

DSC_0264

Die beste hou ek vir laaste, want die eintlik rede vir die besoek was om ‘n uitreik-aksie aan die 40+ Suid-Afrikaners wat daar bly te begin. Vir watter beter uitsig kan ‘n predikant nou vra as hierdie… Die beplanning is om gereeld die eiland te besoek en dienste vir die mense te hou waarvan die eerste een hierdie maand is. Bid vir ons vir die nuwe uitdaging om Sy Woord met meer en meer mense hier in die Midde-Ooste te deel. Ons glo dat Vader Sy goedkeuring vir hierdie aksie gegee gegee het met skrif wat ook bevestig is.

DSC_0285

As ‘n groot bederf het ons teruggery huistoe terwyl die woestyn rondom ons lekker nat van die reen was.

Blessings

9 comments:

Muriel said...

Wow! wat 'n besondere manier en plek om die verjaarsdag maatjie te bederf.

Ek gaan verseker vir julle nuwe uitdaging bid Sandra en ek is seker dit gaan soos al julle ander aksies 'n groot sukses wees.

xx

Sonja said...

Dit is so n pragtige plek! Dit moes n baie besonderse uitstappie gewees het. Sterkte vir die uitreiking,ek glo die Here sal julle seen en dat dit baie vir die mense sal beteken!

Sandra said...

Dankie Muriel, ons glo dat Vader glo planne hiermee het en ons is opgewonde en dankbaar om deel te wees.

Was lekker om so 'n bietjie uit die stad se gejaag en lawaai te wees Sonja.

retha said...

Sekerlik het die verjaarsdag maatjie die plek en geselskap geniet!
Toe lyk dit sommer of jul in die Kgalagadi kuier.

Paula said...

Dit is absoluut pragtig daar!

Sandra said...

Was nog nooit daar in Kgalagadi nie Retha, maar as dit so lyk moet ek dit beslis gaan besoek.

Dit is Paula en mens kan met 'n bietjie verbeelding gedink het mens is by die huis

Anonymous said...

Sandra, is jy seker jy werk nie "undercover" vir die "local tourism board" nie!?
Jou foto's en bekrywings is so dat mens voel jy moet nou plan maak en gaan kyk. (ook jou pos oor die Weskus boontoe.)
(Grap net oor die geheime agent wees)
Desia

Sandra said...

Desia dit raak mos darem nou koud daar by julle, miskien moet jy bietjie kom kyk :-)

Charmaine said...

Jou fotos is pragtig maat