Sunday, November 28

Maak nuwe geskiedenis saam met die oue

Ek glo dat ons die afgelope naweek bietjie deel was van "geskiedenis" in dit waarby ons betrokke was en dit wat ons gesien het.

Page1

Ons het reeds Donderdagaand deurgegaan na Baniyas eiland sodat die "musiekspan" vir die eerste keer kon saam oefen en is Vrydagoggend met hierdie pragtige sonsopkoms gegroet.

Page2

Die meisies voor die diens by die see.

Page4

Nie heeltemal seker hoe die eerste Afrikaanse diens op die eiland sou verloop nie, maar soos altyd is Vader getrou. Dit was 'n baie spesiale, geseende diens. Na die diens het die "eilandbewoners" gevra vir 'n Kersdiens en ook 'n diens een keer 'n maand.

Ons het daarna nog op die eiland gekuier en daarvan vertel ek in 'n ander blog.

DSC_0191

Wat ek egter met julle wil deel is die feit dat ons wel die eerste Afrikaanse kerkdiens was, maar nie die eerste kerkdiens op die eiland nie, want opgrawings aan die oostelike kant van die eiland wys dat daar oorblyfsels van 'n "Christian monastery" is. Hulle vermoed dit was tot 750 AD aktief en is die enigste vroee aanduiding van Christene in die UAE.

Page5

Die eiland is strategies gelee op 'n groot en belangrike seeroete van die Mesopotania deur die Arabiese Gulf na Indie en China. Die Christene van hierdie area was bekend as die "Nestonians" wat die volgelinge van die kerk van die Ooste was

. Page7

Die monastery is gebou volgens die Romeinse argitektuur en hulle kon met 'n "standaard" bouplan die verskillende dele daarvan identifiseer. Verskillende vertrekke oa waar die mense bymekaar gekom het voor die diens, 'n altaar, kapel, gebedskamer, kombuis, klein kamertjies en huisies rondom die monastery is al ontdek en nou is dit net die pynlike stadige uitgrawe proses daarvan.

Die uitreik is ook 'n stadige proses, maar ons is opgewonde oor dit wat Vader vir die eiland en sy mense beplan.

7 comments:

Desia said...

Wonderlik!

retha said...

n Baie mooi foto Sandra.

Weer n bewys dat wat is, was reeds.

Sandra said...

Dit is Desia. Kry julle ouens al koud daar anderkant?

Dankie Retha. Jip daar is bitter min "nuwe" dinge onder die son ;-)

Miekie said...

Dis wonderlik hoe getrou die Here is! Hy was en is en sal altyd wees. Lekker om te weet daar was lankal al gelowiges daar op die eiland.

Thea said...

Pragtige foto's Sandra! Dinge kook daar by julle kant! Ek's baie opgewonde vir julle part oor alles wat gebeur.

Sandra said...

Dis so waar Miekie. Ons is ook bly dat hulle wel die opgrawings hiervan toelaat. Die sheikh homself (vorige president) het blykbaar die opdrag gegee.

Dankie Thea en ja ons is ook opgewonde. Mens wil amper se hou hierdie spasie dop :-), die Here het groot planne!

Charmaine said...

Dis so amazing om deel van hierdie alles te wees en dinge te sien gebeur...geskiedenis geskryf te sien word..