Sunday, October 10

Waterdrake

‘n Chinese digter was die rede vir die begin van die dragon boot tradisie. Nadat hy baie jare gelede weens protes teen politieke korrupsie in die ou China in die rivier Mi Lo selfmoord gepleeg het, het sy volgelinge elke jaar ‘n bootresies ter nagedagtenis van hom gehou. Hierdie tipe resies het soos ‘n veldbrand oor die wereld versprei en dis vandag een van die mees populere spansporte wat daar is. Ok ek weet, ek het ook eers maar hier daarvan geleer

DSC_0107

Soos in die vroeer jare is die boot nog steeds ‘n baie dun roeiboot wat 20 roeiers en ‘n kaptein hou. Vandag se bote is meer kleurvol en het ook almal het ‘n kleurvolle draakkop op die punt.

DSC_0140

Die naweek s’n in Abu Dhabi is by die see by een van die groot hotelle gehou en baie spanne, univ en skole het deelgeneem. Net by die kyk daarna het ‘n mens die potensiaal van “spanbou” vir ‘n besigheid, skool of sportspan kon sien.

DSC_0104

Dis nie sommer iets wat mens sonder oefening of elkeen vir homself kan doen nie. Daar is vaardigheid, tegniek en saamwerk nodig. Ek dink daar moes ook heelwat ure geoefen word om die roei aksie perfek te laat saamwerk.

DSC_0109

Soos die spanne in hulle uitdunne geroep is, het hulle na die wegspringplek geroei. Baie het gelyk asof hulle “oefen” terwyl ander met kort, vinnige, inpas hale geroei het.

DSC_0115

Die see was amper spieelglad terwyl die beamptes se boot by die eindpunt wag met die groot moskee op die agtergrond.

DSC_0120

En dan spring hulle weg ….


DSC_0135

Een van die besighede wat nie onder die wenners was nie, kom terug by die eindpunt, en daar word foto’s geneem. Lekker glimlagte op almal se gesig en vandag wat die eerste werkdag van ons week is, sal hulle selfs in hulle seerspiere ‘n “span” by die werk wees.

Nota aan myself – volgende jaar moet ons ‘n tienerspan inskryf ….

Lekker week vir julle!


9 comments:

Paula said...

Sal 'n bietjie uitkyk vir daardie tienerspan!

Sonja said...

Die waterritte lyk lekker. Die kamp in die vorige post is regtig nou iets anders wat ons klomp hier nie gewoond is nie.Julle kan seker nie wag om dit te probeer nie!

retha said...

Seker daardie span sal dit geniet om deel te neem.

Sandra said...

Ek dink net om te oefen sal al groot pret wees Paula.

Ons is nogal opgewonde Sonja, hoop net die temperatuur raak bietjie koeler.

Sandra said...

Retha die kinders is nogal "game" vir enige iets, dis net altyd die probleem om tyd te kry vir oefeninge ens. hulle skoolprogramme is hectic.

Thea said...

Mmm ek dink ook die tieners sal so iets baie geniet!

Ek kyk net weer na die moskee in die agtergrond... dis darem maar enorm groot!

Sandra said...

Een van die grootstes in die wereld Thea en indrukwekkend. Jy sal net vinnig 'n draai in Abu Dhabi moet kom maak dat ek jou kan gaan wys

Jan and Miekie said...

Ek verstom my aan al die sportsoorte daar in die hitte! Dit lyk darem lekker en die mense is seker gewoond aan die klimaat! Hoe vorder die kampreelings? Nou die dag gesien die weer daar by julle is 34 grade. Is dit algemeen of is dit "koel"? Was vandag 36 toe ek huis toe ry - nogals warm!

Charmaine said...

Dis regtig 'n stunning sport die omdat daar nie plek is vir individuele prestasie nie...die hele span moet soos een werk.. mens kan so baie lesse hieruit neem