‘n Chinese digter was die rede vir die begin van die dragon boot tradisie. Nadat hy baie jare gelede weens protes teen politieke korrupsie in die ou China in die rivier Mi Lo selfmoord gepleeg het, het sy volgelinge elke jaar ‘n bootresies ter nagedagtenis van hom gehou. Hierdie tipe resies het soos ‘n veldbrand oor die wereld versprei en dis vandag een van die mees populere spansporte wat daar is. Ok ek weet, ek het ook eers maar hier daarvan geleer
Soos in die vroeer jare is die boot nog steeds ‘n baie dun roeiboot wat 20 roeiers en ‘n kaptein hou. Vandag se bote is meer kleurvol en het ook almal het ‘n kleurvolle draakkop op die punt.
Die naweek s’n in Abu Dhabi is by die see by een van die groot hotelle gehou en baie spanne, univ en skole het deelgeneem. Net by die kyk daarna het ‘n mens die potensiaal van “spanbou” vir ‘n besigheid, skool of sportspan kon sien.
Dis nie sommer iets wat mens sonder oefening of elkeen vir homself kan doen nie. Daar is vaardigheid, tegniek en saamwerk nodig. Ek dink daar moes ook heelwat ure geoefen word om die roei aksie perfek te laat saamwerk.
Soos die spanne in hulle uitdunne geroep is, het hulle na die wegspringplek geroei. Baie het gelyk asof hulle “oefen” terwyl ander met kort, vinnige, inpas hale geroei het.
Die see was amper spieelglad terwyl die beamptes se boot by die eindpunt wag met die groot moskee op die agtergrond.
En dan spring hulle weg ….
Een van die besighede wat nie onder die wenners was nie, kom terug by die eindpunt, en daar word foto’s geneem. Lekker glimlagte op almal se gesig en vandag wat die eerste werkdag van ons week is, sal hulle selfs in hulle seerspiere ‘n “span” by die werk wees.
Nota aan myself – volgende jaar moet ons ‘n tienerspan inskryf ….
Lekker week vir julle!