Thursday, October 14

Groter, beter en nou vinniger

Julle weet mos in hierdie land wil die een beter wees as die ander en die geboue moet groter en hoer wees as enige plek ter wereld. Hulle gaan nie vir die "klein" rekords nie, dis grotes wat hulle wil hou. So in die dorp is daar groot opgewondenheid oor 'n nuwe "Park" wat die einde van die maand oopmaak.

Ferrari-world-theme-park

As mens dink aan Ferrari is die eerste woorde wat opkom, motor, vinnig, rooi. Vir 'n geruime tyd word daar ernstig gebou aan die Ferrari World. Vir 'n naam wat daarvan hou om eerste te wees, is die binneshuise temapark van Ferrari die grootste in die wereld.

ferrari-world-theme-park-abu-dhabi-12

Op die eerste foto is die middelpunt van die park en hierbo is die onderdag van die park - ontwerp dat dit soos 'n plat Ferrari GT lyk.

abudhabiferari_23_portrait

Vermaak vir die hele familie met 20 verskillende ritte en die storie van Ferrari sal almal die heeldag besig kan hou. En natuurlik is Italie ook deel van die uitleg ...

abudhabiferari_24_portrait

Al die ritte, hetsy vir klein of groot word in skaalmodel Ferrari motors gedoen.


ferrari-gt-roller-coaster-468x312

Die kersie op die koek van die ritte, is die vinnigste "rollercoaster" ter wereld.

st-image-of-a-new-roller-coaster-that-races-two-sets-of-passengers-against-each-other-on-parallel-tracks-the-gt-roller-coaster-uses-carriages-of-four-indiv

Natuurlik word die rit in 'n Ferrari wat anders gemaak.

montagne-russe-ferrari-468x392

Een van die toetsritte van die rollercoaster voor die opening ...

-image-of-a-new-roller-coaster-that-races-two-sets-of-passengers-against-each-other-on-parallel-tracks-the-gt-roller-coaster-uses-carriages-of-four-indiv_0

Kan julle sien hoekom almal nie kan wag vir die 27ste nie? Dis die geleentheid vir oud en jonk wat nog altyd met 'n Ferrari wou ry, om 'n kans te kry. Nie net in die grootste ter wereld park nie, maar ook op die vinnigste rollercoaster. Ek sal dalkies net wag totdat die duisende mense minder geword het, voor ons gaan kyk - as dit gaan minder word.

Lekker naweek julle en mag die beste spanne wen .

16 comments:

Paula said...

Woww ... ongelooflik groot en indrukwekkend!!!

Sonja said...

Wow! Dit is indrukwekkend!Ek wonder hoe sal dit voel op daardie vinnige rit...

Sandra said...

Ek wonder oor die kostes Paula. Hoeveel het Ferrari betaal om dit hier te hou of hoeveel het Abu Dhabi vir Ferrari betaal om dit hier te he?

Ek's jammer Sonja, sal nie uitvind hoe vinnig nie ;-), bietjie bang. Maar ek is seker William sal volgende maand as hy kom kuier die rit wil uittoets.

retha said...

So hoog! is een ding en baie vinnig n ander maar beide saam klink te verskriklik vir my!

Gaan die mense nie brand terwyl hul daar oor die woestyn 'roller-coaster' nie?

Indrukwekkend.

Thea said...

Wat gaan hierdie ouens nie nog alles uitdink nie? Ek dink 'n rit op die rollercoaster behoort baie opwindend te wees!!

Sandra said...

Ek's ook nie vir hoog en vinnig nie Retha :-). Ek dink die rollercoaster gaan te vinnig beweeg vir die son om mens te vang. Gelukkig is dit amper winter en dis net so rondom die 30tigs op die oomblik.

Nie vir my nie Thea :-)

Jan and Miekie said...

Daardie roller coaster lyk na 'n riller - Ferari of te not...Baie hoog en baie lank en as jy eers begin, kan jy nie stop om langs die pad uit te klim nie! Lankal sou ek dit graag uitprobeer het, maar na een redelik "scary" rit op 'n swaai toe die kinders klein was, was ek nog nie weer op die goeters nie! En vir Pa sal jy nie naby so iets kry nie!
Die geboue ens. lyk spesiaal - daar sal sekerlik iets vir almal wees. Ek wonder wat dit sal kos om vir 'n dag soontoe te gaan? 'n Mens sal seker nie jou eie padkos kan saamvat nie!

Nimsi se Blog said...

Sjoe! Ag vat tog maar vir rut n slaggie saam as julle gaan hoor!
Gompie vriendin, dit sal wereldnuus word as ek op daardie ding moet ry...

William said...

wow it looks super super cool, ill have to go test it when im there.

Charmaine said...

ja nee...groot nuwe pret vir die kinders... jonges. Hoop hulle sal 'n plek he waar mens kan teedrink . ek het gewonder wanneer die UAE so speelpark gaan he en hier is dit nou

Sandra said...

Miekie dis ook nie my idee van pret nie. Ek's nog nie seker wat die dagpryse gaan wees nie, maar die opening pryse is so om en by R500. En hulle sal beslis nie enige kos inlaat nie, daar sal heelwaarskynlik baie eetplekke wees.

Nims as Rut op daai ding wil ry, moet sy maar alleen of saam William of Elriza ry - ek sal haar stuur, maar saamgaan die gaan ek nie :-)

Sandra said...

Ja seun Elriza se sy soek iemand om saam met haar op die rit te gaan - so jy sal dit defnitief kan probeer.

Maat ek het gedog jy sal die brawe een van die "ou" mense wees. Ons sal net 'n plek soek wat tee bedien.

Ronelle said...

Sandra wanneer ek kom kuier dan gaan ek en jy beslis op daardie rollercoaster!!

Sandra said...

Ronelle jong jy sal daardie nig wat nou perdry moet saambring vir die rollercoaster - anders dink ek dat gedurende jou besoek is dit "under maintenance" en ons sal nie kan ry nie ;-)

Desia said...

My mond hang oop...defnitief is daar nie 'n tekort aan geld nie, is al hierdie plekke winsgewend?

Sandra said...

Dis die eerste een hier in Abu Dhabi Desia so ek is baie seker die mense gaan soontoe stroom en verseker gaan daar wins gemaak word.