Saturday, October 23

Bietjie nuus van hier af

Ek is seker baie van julle sal verstaan as ek se dat ek besig is maar niks het om op die blog daarvoor te wys nie :-). Die volgende paar dae en maand beloof om net nog besiger te raak, maar met heelwat geleenthede om foto's te neem. Ek gaan dit geniet!

Nelmari saam met 'n klomp tieners van ons tienergroep was Donderdagaand deel van 'n byeenkoms van ander Christen tieners in die UAE. Was so lekker om oor die 200 jongmense te sien saam sing, dans en ernstig raak.

Hulle het ook 'n "lofdans-item" gelewer. Kyk bietjie hierna. Ons is baie trots op ons groep tieners. As julle meer oor die aand wil lees of na nog foto's loer, gaan kyk gerus hier

Lekker naweek vir julle!

8 comments:

Charmaine said...

Lekker sit ek nou hier en tjank...vol hoendervleis. Ek bid dat dit sal waar wees in elkeen van hierdie kinders se lewens.

Thea said...

Pragtige lied en lofdans deur die tieners! Sterkte ook daar met al die werksaamhede en julle wonderlike werk onder die jongmense! Dis fantasties om te sien dat soveel jongmense betrokke is!!

Jan and Miekie said...

Ai, hoe verlang ek nou na my eie koordansdae! 'n Mens beleef die liedere so intens as jy dans!
Prys die Heer vir sulke kinders! Die hoop van die wêreld lê in die jeug - jeug vir Christus! Baie seën vir julle werk onder die jongmense. Julle gooi klippies in die water en weet nie hoever die rimpels wat dit veroorsaak, sal uitkring nie!

Sonja said...

Dit is wonderlik! Ek is altyd opgewonde oor jongmense wat die Here eer met hulle jonkheid,dit is pragtig!

Cecile said...

Dit is Pragtig....kry ook sommer hoender vleis.

Sandra said...

Stem saam maat!

Ek was regtig beindruk deur die groot groep jongmense en dit op 'n Donderdagaand wat eintlik Vrydagaand en naweek is. En dat hulle daar was omdat hulle wou en dit so geniet het.

Sandra said...

Dankie Miekie. Ons het regtig 'n besondere groep jongmense hier.

Stem saam Sonja ek het dit net so geniet om te sien hoe hulle dit geniet.

Sandra said...

Dit is ne Cecile. Geniet julle daai swembad?