Thursday, September 30

Ja, nee die skool het begin

Die skole het net begin en al klaar weer word 'n hele sportseisoen in een maand ingepas. Ons spanne is vanjaar in 'n top liga ingedeel en dit beteken omtrent elke naweek iewers 'n toernooi of wedstryde. Dan le die internasionale toernooi in Doha volgende maand voor om die kersie op die koek te wees voordat die volgende sport ons tref.


Page1


James is vanjaar die afrigter van die seuns Varsity span wat verlede naweek teen twee spanne in Dubai gespeel het. Ek hoor dat hulle maar 'n stadige begin tot die seisoen gemaak het, maar met 'n klompie talent sal hulle eersdaags op dreef wees.


Page2


Die dogters het egter baie goed afgeskop met hulle Dubai wedstryde. Met 'n klompie spelers wat klaargemaak het met skool is dit ampertjies 'n nuwe span, en kan dit net nog beter gaan. Hulle het nie in Dubai verloor nie!


Page4


'n Oefen wedstryd teen een van die makliker spanne in Abu Dhabi die week was egter 'n groot teleurstelling want die meisies was lusteloos en moeg van die naweek se tawwe kompetisie. Ons hou duimvas vir die groot toernooi die naweek wat vandag begin!

Go Lions!!

8 comments:

Cecile said...

Na so lang vakansie daar, is dit seker lekker vir die kinders om weer skool toe te gaan en sport te doen...:-)

Jan and Miekie said...

Go Lions! Ons bewonder die tawwe spelers en die tawwe Ma's wat moet sorg vir die vervoer, die lafenisse, die troos, die juig, die opwinding...! Lekker dae, Sandra, geniet dit baie! Dit voel soos gister wat ek Dorette S.A gimnastiekkampioenskappe toe gevat het. Kan so goed onthou hoe die senuwees geknaag het! As sy op die balk geklim het, het ek heeltemal ophou asemhaal. Na die kampioenskappe kon ons maklik in die nag terugry van Bloemfontein want daar was nog hope adrenalien in ons are...!

Charmaine said...

Ai maat en dis haar laaste jaar... kan jy dink hoe jy volgende jaar die sport gaan mis....Sterkte Nelmari... ons dink aan jou. Geniet dit!!

Thea said...

Sandra julle moet die laaste skooljaar baie geniet. Dit gaan só gou verby! Ek weet nie wat jy volgende jaar met jouself gaan aanvang as Nelmari uit die huis is nie maar ek dink nie jy wil nou al daaraan dink nie nè?!

Sterkte met die sportseisoen en alles wat daarmee gepaard gaan!! Vir my voel dit soos eeue gelede! :-)

Sandra said...

Ja ek dink hulle geniet dit baie Cecile.

Mens raak net partykeer heeltemal teveel betrokke by die wedstryde Miekie. Veral as mens weet dat die afrigter nie heeltemal die regte tegniese besluite neem nie :-)

Sandra said...

Sal maar volgende jaar elke keer Stellenbosch toe moet gaan as daar 'n toernooi is maat :-)

Miskien sal ek baie in die Kaap vakansie hou Thea :-) of daar in Ecuador :-)

Thea said...

Die Eikestad... slim besluit!! Jy's meer as welkom Sandra/De nada senora!!

Sandra said...

Ek's beindruk Thea :-)