Die skole het net begin en al klaar weer word 'n hele sportseisoen in een maand ingepas. Ons spanne is vanjaar in 'n top liga ingedeel en dit beteken omtrent elke naweek iewers 'n toernooi of wedstryde. Dan le die internasionale toernooi in Doha volgende maand voor om die kersie op die koek te wees voordat die volgende sport ons tref.
James is vanjaar die afrigter van die seuns Varsity span wat verlede naweek teen twee spanne in Dubai gespeel het. Ek hoor dat hulle maar 'n stadige begin tot die seisoen gemaak het, maar met 'n klompie talent sal hulle eersdaags op dreef wees.
Die dogters het egter baie goed afgeskop met hulle Dubai wedstryde. Met 'n klompie spelers wat klaargemaak het met skool is dit ampertjies 'n nuwe span, en kan dit net nog beter gaan. Hulle het nie in Dubai verloor nie!
'n Oefen wedstryd teen een van die makliker spanne in Abu Dhabi die week was egter 'n groot teleurstelling want die meisies was lusteloos en moeg van die naweek se tawwe kompetisie. Ons hou duimvas vir die groot toernooi die naweek wat vandag begin!
Go Lions!!