Monday, September 6

Groot pret net so voor die terugvlieg

In ons soektog na die adres van ons laaste "besoekpunt" in Duitsland, ontdek ons daar is 'n Legoland en al vier die klein kindertjies is vreeslik opgewonde om te gaan kyk hoe dit lyk. Dis nogal 'n paar uur se ry na die dorpie Gunzburg waar dit is en almal is baie bly toe die GROOT geel, rooi en blou legoblok van die grootpad gesien word.

P1120787

Die Duitsland legoland is in 2002 oopgemaak en het 7 tema areas in die park! Met die meisies op die voorpunt het ons redelik baie van dit alles gesien. Seun ek weet jy wag al lankal vir die fototjies, so hierdie blog is vir jou - ek weet jy sou dit net so geniet het.

P1120604

Sommer met die ingaan verkyk ons ons behoorlik aan alles wat van lego gemaak is. Ek kan net dink hoeveel kindertjies vol inspirasie vir blokkies bou daar uitstap. Hierdie gesin is heeltemal van lego. Kyk net die hond by die koelboks, die man se kamera, die baba in die stootwaenjie se fopspeen en katjie.

Page1_0

By van die aktiwiteite is ons dogtertjies natuurlik 'n bietjie te groot om op alles te ry, maar ons neem net foto's van ander mense se kinders :-). Kyk net hoe geniet die mamma die legboot en die klein seuntjies die lego karretjies.

Page2_0

Ons kinders gaan op die meer gewaagde rides.

Page4

Nog so 'n paar groot lego goed om mee te speel.

Page5

In die woud met olifante, flaminke, skoenlappers en selfs tier welpies wat speel en dit alles van blokkies.

Page6

Natuurlik moet ons ten minste een van die rides saam doen en die keuse val op die een wat eindig in die water .... groot splash. In die seerower park is daar ook 'n haai van blokkies wat rondswem. Wonder of die dogters die slang sien wat hulle bekruip.

P1120689

Ons gee nie om hoe lank die ry is nie, ons wil graag op die rit gaan .... julle kan maar gaan teedrink.

Page7

En dan slaan ons die mini land en mens kan nie ophou kyk en foto's neem nie. Soveel detail julle sal dit nie glo nie. Dink net aan al die ure se bou.

Page8

Dis alles bestaande geboue in en bekende bakens. Daardie sport stadium is net ongelooflik met al die mense wat daar sit. Daar is selfs liggies wat flikker wanneer die toeskouers "foto's" neem. 'n Deel van die stadium is oop sodat mens die binnekant daarvan ook kan sien. Ongelooflik.

Page9

Lyk soos regte dorpies ne.

Page11

Die lughawe was net so amazing met vliegtuige wat op en af op die aanloopbaan beweeg, die groot boeing wat mens selfs die detail binne-in kan sien en die lughawe met roltrappe en mense wat op stoele wag.

Page12

'n Bekende baken wat ons somer dadelik herken is die Schloss Neuschwanstein kasteel waarvan ek al vertel het. Op die foto bo links as julle mooi kyk sal julle 'n helikopter besig met 'n reddingspoging sien. Die bergklimmers is teen die rotse.

Page13

Dit begin al donker word en die meisies wil nog die groot ride op die blogkarretjies gaan doen. Kyk net hoe goed is die lewensgetroue basketbalspelers gebou.

Natuurlik moet ons eers die winkel besoek voor ons gaan, en dis 'n malhuis soos al die nuut geinspireerde mammas, pappas en kinders blokkies koop. Die besoek was groot pret!

Lekker week vir julle wat voorle.

Liefde

9 comments:

Cecile said...

En is dit nou nie enige kind se droom nie...

retha said...

Wonderlik.
Dat hul selfs gedink het om 'deur snee aansigte' te gee!

Sandra said...

Of party grootmense Cecile :-)

Die detail van die blokkie bouwerk is ongelooflik Retha.

William said...

SO!!! SO!!! SO!!!! NOT FAIR!!!
I wanna go mommy

Thea said...

Jinne Sandra, jy's darem oulik om so al hierdie interessante plekke uit te gesnuffel het! Ek dink jy verdien 'n 10 uit 10 as toerleidster en vir al die mooi foto's!!

Sandra said...

Ek weet seun jy sou daarvan gehou het :-).

Toe ons uitvind daar is die moontlikheid dat lego 'n park in Duitsland het, was dit die kinders wat ons laat soek het Thea

Paula said...

Woww ... dit lyk na baie lekker fun!

DJ said...

Awesome! Photo 8 can't be lego it look to real for me.

Desire Fourie said...

Ja nee, hier kan grootmense weer kinders wees al is dit net vlietend.

Mooi bly
Desire