Showing posts with label Europa toer. Show all posts
Showing posts with label Europa toer. Show all posts

Sunday, September 19

Ek vat saam …

Die toer in die regte lewe en op die blog is verby en ek’s effens in ‘n blog-depressie want ek is niks lus om oor elke dag dinge te skryf nie. Ramadan is verby en eintlik na drie maande het die skool weer begin, maar die sand waai steeds in en oor alles en deel van die huis is nog steeds in bokse en vertrekke word gebruik vir dinge waarvoor hulle nie bedoel was nie en en en. (Darem besig met foto's insamel om daaroor te blog)

Page1

Ons klim, ons loer, ons kyk en organiseer

Hoe vat mens alles wat jy gesien, beleef en ervaar het vas in ‘n sinnetjie of paragraaf? Daar het soveel dinge agter die “blog” en agter die “foto’s” gebeur wat seker net vir ons amazing en snaaks is/was. Soveel “segoed” en nuwe woorde het ontstaan en daar is so baie gelag oor alles, snaaks of nie. Nuwe vriende soos Elsie, Ulla en Ou Grote is gemaak.

Die eending wat egter soos ‘n paal bo water staan, is/was ons Pa se hand in die beplanning van en tydens die vakansie – en hoe Hy ons keer op keer op keer gebless en na ons gekyk. Om aan die einde van die dag te kon terug kyk en Sy hand so duidelik te sien in alles wat met ons gebeur het, selfs in die verdwaal, was amazing. Ek weet ek kan dit nie alles vertel nie, maar hier is ‘n paar specials met foto's wat nog nie gewys is nie. (en waarvoor ek seker in die moeilikheid gaan wees).

DSC_0001

Die gypsies maak heerlike Franse musiek oppad Parys toe

Voor die vertrek het ons ernstige visum probleme en waar om aansoek te doen. Frankryk kan ons eers ‘n visum gee nadat die vakansie begin en ons enigste oplossing ‘n ekstra week in Duitsland. Aansoek nie maklik in hierdie land nie, mens het brief nodig van jou werk, jou man om jou toestemming te gee om te gaan, Nelmari het brief nodig van Eddie dat sy saam met my mag gaan, afskrifte van vliegtuigkaartjies, besprekings, 6 maande se bankstate ens. MAAR Visum uitgereik drie dae later sonder ‘n onderhoud!!

Ekstra week affekteer bespreking van die huurmotor ens. maar ons besluit om eers daaroor te kommer wanneer ons daar is. Hierdie was een van Pa se groot bederf later

By aankoms kan ons eers 3 nm inboek (ons het 6:30 vm) geland maar ons bid en kry onmiddelik die sleutel sodat ons kan rus vir ‘n uur en daarna Disneyland opkuier.

Volgende oggend die trein wat wag om te vertrek is ons s’n en by die eerste stasdie klim gypsies op en maak heerlike franse musiek spesiaal vir ons – groot bederf

DSC_0020

Jippie!!!!

Ons kry die Louve en al die ander plekke sonder ‘n kaart en ons is baie bly!

Enigste terugslag met die afhaal van ons huurmotor voordat ons Provance toe ry. Die een wat ons oor die landsgrens kan vat is nog nie beskikbaar nie en hulle sal dit later bring. Gelukkig kry ons ‘n goeie plaasvervanger.

Page2

Ons blyplek in Garmisch-Partinkitchen

‘n Daguitstappie Avignon toe en ons ry die afrit mis, net om by Gorges aan te kom, op hulle markdag wat net eenkeer ‘n maand gebeur – groot bederf. Uiteindelik Avignon en hierdie keer kry ons die pad maklik en raai wat, dis hulle kunstefees en ons ervaar Avignon in volle glorie – groot bederf

Page1_0

Die baie rondloop maak ons voete seer en lekker moeg

Page2_0

Ander dag en weer moeg. Kyk waar kry ons internet sein :-)

Ons kry ons motor vir die res van die toer en die oggend oppad Italie toe lui my foon. Dis die verhuringsmaatskappy en hulle vra ons om asseblief die motor vir ‘n week langer te gebruik kosteloos!! Hoe het hulle geweet ons het nog nie ‘n motor nie en dit vir ‘n week !!!

Die blyplek in Italie is naby die hawe ---- hoeveel is daar? ---- en ons wil net verdwaal toe ons vir “Ulla” ons GPS ontdek en tot in die hotel se parkeerterrein ry. Sonder Ulla sou ons nooit daar uitgekom het nie. Ou grote (die motor) het nie ‘n handrem nie en daar’s ‘n probleem op een van die steil passe. Die motor word afgeskakel (nie deur ons nie) en ons kan wegtrek sonder enige probleem

Page3

Persoonlike grappies die :-). Wat maak Charmaine terwyl ons pannekoek eet?

Ag ek kan aangaan en aangaan oor die wonderlike plekke wat ons nie per toeval by uitgekom het nie, die wonderlike natuurskoon en plekke wat ons kon sien en ervaar, die wonderlike weer tydens die vakansie ens.

Page4

In alles dit en nog meer weet ek dat Vader ons groot bederf het tydens die vakansie en die klein toetsie wat af en toe op ons pad gekom het, het almal wonderlike uitkomste gehad.

P1120863

Ons laaste dag ervaar ons Munich en nie heeltemal die ervaring wat ons verwag het nie. Ons kry die Marine Platz en in opdrag van my dr ('n duitser) moet ons die Ratskeller Restaurant in hierdie ou gebou besoek

P1120861

Heerlike tradisionele Duitse kosse en 'n goeie einde vir ons toer.

Page5

Nelmari, Elriza en Charmaine, dankie vir julle bydrae om hierdie toer ‘n onvergeetlike ondervinding te maak. Julle twee jonges, julle het nouwel vir ons baie ekstra loopwerk gegee en hans geraak, maar dit was goed. Sonder julle sou die toer nie gewees het wat hy was nie. Maat dankie vir jou bydrae en die bestuur en petrol ingooi deur Europa, ek toer altyd lekker saam met jou.

Ons Groot Pa ‘n groot dankie vir al die heerlike bederf en dat U hand oor ons en met ons was in alles wat ons gedoen het en wat gebeur het.

En so loop die toer ten einde .... terug na die werklikheid!

Thursday, September 9

Aan alles kom daar ‘n einde …

… so glo ek die talle gevangenisse in die Dachau konsentrasiekamp het geglo en gebid. Maak nie saak hoe nie, laat daar net ‘n einde aan alles kom.

Ons laaste amptelike stop in Munich voordat ons terugvlieg was om ‘n konsentrasiekamp te besoek. Ek weet nie hoe en waar ek met my Graad 12 geskiedenis inligting verloor het nie, maar die Dachau kamp was nie ‘n naam wat ek kon onthou nie en tog was dit die eerste konsentrasie en “labour” kamp wat die die duitsers oopgemaak het. Dit was ook die eerste kamp wat SS soldate gebruik het en dit se al klaar iets.

P1120815

Die kamp was bekend as ‘n plek waar slegs manlike gevangenis aangehou was en alhoewel daar ook Jode was, het hulle hoofsaaklik mense wat as die staat se vyande bekend was daar aangehou. ‘n Kamp wat in sy 12 jaar bestaan (1933-1945) meer as 206 206 duisend geregistreerde gevangenisse gehad het met ‘n 31 951 wat dood is waarvan daar boek gehou is. As mens kyk na die foto’s van hope lyke wat daar gevind is, twyfel ek of die getalle ‘n fraksie is van die mense wat wel daar doodgemaak is…en dit was nie eers een van die “doodskampe” nie.

Gatehouse

Hierdie foto van gevangenis wat by die kamp ingaan in 1930 is van die web gekry. DIe woorde op die hek wat hulle verwelkom het is “Arbeid Macht Frei” wat beteken Labour brings libery en ek dink dat al die arbeid en ontbering wat die mense moes deurgaan die woorde beslis ‘n grap was. Mens moet ook onthou dat ouens soos Rudolf Hoess sy leerlingskap by die kamp gedoen het en vir wat hy later gedoen het, kan mens weet dat Dachau nie net ‘n arbeiderskamp was nie.

P1120817

Die gevoel wat mens kry as jy in die kamp rondstap is morbied en almal wat kom besoek kyk en luister met erns na die stories. Hierdie was die paradegrond waar die manne soggens moes aanmeld vir koppe tel en as iemand afwesig was, was daar moeilikheid. Ek kan net dink hoe van die moee honger lywe hulleself moes sleep, party seker met hulp van hulle maats om daar te wees sodat iemand nie doodgemaak sou word vir sy afwesigheid nie. Nie dat dit vreeslik gehelp het nie, want mense is partykeer uit rye uitgestamp deur die soldate, net om deur hulle geskiet te word omdat hulle nie in ‘n ry staan nie.

Page1

Hier kan mens sien waar die ander barakke gestaan het en natuurlik die torings wat die kamp se heining moes oppas. Nelmari loop in die laan af tussen die slaaplokale en ek dink as daardie bome kon praat sou dit gruwelstories vertel. Dachau was volgens rekord ‘n klas 1 kamp wat beteken het dat die behandeling van sy gevangenis nie so erg was nie en dat hulle ‘n beter kans gehad het om vrygelaat te word. Kan julle dink hoe dit dan by die ander kampe gegaan het want hierdie een was beskou as die beste van die konsentrasiekampe sover dit die hantering van sy gevangenis was.

DSC_0036

Om by vryheid, groen velde en blommetjies uit te kom, is dit eers doringdrade, heinings en soldate in wagtorings gereed om te skiet.

Page2

Die eerste gedenkgebou op die terrein is in 1960 opgerig. Die katolieke kapel om die al priesters wat in die kamp aangehou was te herdenk oa 'ook ‘n biskop van Munich wat later gehelp het om ‘n convent daar te vestig.

Page3

Daar is ook ‘n Joodse memorial opgerig saam met

Page4

‘n Protestante kerk in 1967.

Page6

Ons het so ‘n loertjie binne die barakke ook kon kry. Met die oorneem van die kamp deur die Amerikaners was daar meer as 30 000 gevangenis in die kamp wat oorspronklik vir 5 000 gebou is. Mens sien in die beddens in die begin was afgeskort, maar later met die massas mense was dit net een groot bed, drie vlakke hoog waar hulle soveel as moontlik mense ingedruk het om te slaap. Hierdie toestande saam met wanvoeding en mishandeling het ook veroorsaak dat siektes vinnig versprei het en hulle se dat rondom 1940 rond het daar nagenoeg 400 mense per dag doodgegaan aan siektes. In 1945 was daar nie meer steenkool in Duitsland beskikbaar nie en kon hulle nie die lyke verbrand nie, hulle kon nie eers met die wegry van die lyke na die massagrafte bybly nie.

Page5

Dit was ook so rondom 1942 dat Barak X (foto onder regs) gebou is. Roomse priesters is gebruik om die gaskamers wat lyk soos storte, en 4 verbrandingsoonde het, en ontsmettingskamers te bou. Eers is gese dat die oonde nooit gebruik is nie, maar later het hulle gese dis “moontlik” gebruik.

. GasChamber01

Om so in die stort/gaskamer te staan waar hoeveel mense ingeprop is onder die indruk dat hulle gaan stort en toe gegas is, is nogals nie ‘n goeie gevoel nie.

DSC_0008T

Een van die beelde op die terrein gemaak van brons, is ‘n heining waarop lyke hang – dit simboliseer die klomp gevangenis wat van honger en siekte in die kamp dood is gedurende 1933 – 1945.

DSC_0010

Nog ‘n beeld wat uit drie “links of a chain” aan mekaar vas is bestaan, simboliseer hoe die gevangenis van alles nasionaliteite, gelowe, beroepe saam gestaan het in die kamp. Op die skakels is daar gekleurde driehoekies. Al die gevangenis is die kamp het ‘n gekleurde hoekie op sy uniform gedra sodat hulle maklik geidentifiseer kon word. Die kommuniste en ander politieke gevangenis het rooi gedra, die uitlanders (meestal Pole) blou, die jode geel bo-op ‘n ander kleur wat meestal rooi was omdat hulle ook as politieke gevangenis geklassifiseer was. Homoseksuele gevangenis het pienk gedra, jehova getuienisse pers en gypsies bruin. Die duitsers wat in die konsentrasiekamp beland het, het groen driehoeke gedra, maar hulle word nie in die beeld verteenwoordig nie.

P1120828

Nog een van die monumente daar se in vyf tale “Never Again”

Soos ‘n oorledende van die kamp gese het …

“First they came for the socialists, and I did not speak out because I was not a socialist, then they came for the trade unionists, and I did not speak out because I was not a trade unionist, then they came for the jews and I did not speak out because I was not a Jew, then they came for me, and there was no one left to speak for me”

Alhoewel daar nog duisende mense in die wereld in massas doodgemaak word, wil ek glo en hoop dat daar ook lesse uit die oorlog geleer.

Die besoek was nogals 'n anderse ondervinding maar 'n defnitiewe moet.

Liefde

Monday, September 6

Groot pret net so voor die terugvlieg

In ons soektog na die adres van ons laaste "besoekpunt" in Duitsland, ontdek ons daar is 'n Legoland en al vier die klein kindertjies is vreeslik opgewonde om te gaan kyk hoe dit lyk. Dis nogal 'n paar uur se ry na die dorpie Gunzburg waar dit is en almal is baie bly toe die GROOT geel, rooi en blou legoblok van die grootpad gesien word.

P1120787

Die Duitsland legoland is in 2002 oopgemaak en het 7 tema areas in die park! Met die meisies op die voorpunt het ons redelik baie van dit alles gesien. Seun ek weet jy wag al lankal vir die fototjies, so hierdie blog is vir jou - ek weet jy sou dit net so geniet het.

P1120604

Sommer met die ingaan verkyk ons ons behoorlik aan alles wat van lego gemaak is. Ek kan net dink hoeveel kindertjies vol inspirasie vir blokkies bou daar uitstap. Hierdie gesin is heeltemal van lego. Kyk net die hond by die koelboks, die man se kamera, die baba in die stootwaenjie se fopspeen en katjie.

Page1_0

By van die aktiwiteite is ons dogtertjies natuurlik 'n bietjie te groot om op alles te ry, maar ons neem net foto's van ander mense se kinders :-). Kyk net hoe geniet die mamma die legboot en die klein seuntjies die lego karretjies.

Page2_0

Ons kinders gaan op die meer gewaagde rides.

Page4

Nog so 'n paar groot lego goed om mee te speel.

Page5

In die woud met olifante, flaminke, skoenlappers en selfs tier welpies wat speel en dit alles van blokkies.

Page6

Natuurlik moet ons ten minste een van die rides saam doen en die keuse val op die een wat eindig in die water .... groot splash. In die seerower park is daar ook 'n haai van blokkies wat rondswem. Wonder of die dogters die slang sien wat hulle bekruip.

P1120689

Ons gee nie om hoe lank die ry is nie, ons wil graag op die rit gaan .... julle kan maar gaan teedrink.

Page7

En dan slaan ons die mini land en mens kan nie ophou kyk en foto's neem nie. Soveel detail julle sal dit nie glo nie. Dink net aan al die ure se bou.

Page8

Dis alles bestaande geboue in en bekende bakens. Daardie sport stadium is net ongelooflik met al die mense wat daar sit. Daar is selfs liggies wat flikker wanneer die toeskouers "foto's" neem. 'n Deel van die stadium is oop sodat mens die binnekant daarvan ook kan sien. Ongelooflik.

Page9

Lyk soos regte dorpies ne.

Page11

Die lughawe was net so amazing met vliegtuige wat op en af op die aanloopbaan beweeg, die groot boeing wat mens selfs die detail binne-in kan sien en die lughawe met roltrappe en mense wat op stoele wag.

Page12

'n Bekende baken wat ons somer dadelik herken is die Schloss Neuschwanstein kasteel waarvan ek al vertel het. Op die foto bo links as julle mooi kyk sal julle 'n helikopter besig met 'n reddingspoging sien. Die bergklimmers is teen die rotse.

Page13

Dit begin al donker word en die meisies wil nog die groot ride op die blogkarretjies gaan doen. Kyk net hoe goed is die lewensgetroue basketbalspelers gebou.

Natuurlik moet ons eers die winkel besoek voor ons gaan, en dis 'n malhuis soos al die nuut geinspireerde mammas, pappas en kinders blokkies koop. Die besoek was groot pret!

Lekker week vir julle wat voorle.

Liefde

Thursday, September 2

Terug na die medievel tyd

Wanneer mens ‘n land gaan besoek vir die eerste keer word hoofsaaklik plekke deur reisagentskappe besoek want dis wat mens hoor is nice om te sien. Met vandag se geleentheid om te google kan jy natuurlik enige dorpie inset en siedaar het jy inligting. Maar dan beteken ‘n dorpie se naam ook niks want jy weet nie waar en naby wat ens. ens. dit is nie. Ons was egter baie geseend om by net pragtige plekke uit te kom, elkeen op sy eie unieke manier


. DSC_0056

So tussen die lyne het ek gehoor dat ‘n “medievil town” nogal ‘n plek is wat besoek moet word en met die google kom ek af op die dorpie Rothenburg. Met ‘n bietjie navorsing sien ek dis binne ry afstand van ons basis, en wat ‘n wonderlike geleentheid was dit nie. Die dorpie is op ‘n koppie gelee met die Tauber rivier wat onder verby vloei en omring met ‘n stadsmuur.

DSC_0058

Jare terug was hierdie bruggie die toegang tot die dorp. In 1985 is die dorpie met die snelweg verbind en van toe af stroom die mense soontoe. Dis een van die mees bekendste dorpe in Duitsland (en ek het nie eers daarvan geweet nie) en ook een van die wat die meeste besoek word. Kyk bietjie saam hoekom dit so gewild is.

P1120473

Die stad was ‘n paar keer om verskillende redes platgeslaan en hierdie toring “Weisser Turm” is een van die oudste oorblyfsels in die stad met die houtgebou aan die linkerkant wat blykbaar die “Jewish Dancing House” was. Hierdie is later as ‘n hostel vir die armes gebruik. ‘n Groot Joodse gemeenskap het in hierdie dorpie gebly totdat hulle verban is tydens die oorlog.

P1120505

Die dorp was vanf 1651 deur die hoofingang beskerm en die klein huisies voor die Burgtor is die huisies van die wagte en “doeane”.

DSC_0003

‘n Baie gewilde manier om deur die dorp te ry en natuurlik het ons eers so ‘n toer gedoen voordat ons begin voetslaan het. Hierdie duitsers wat die kar ry vat nogal nie nonsens nie. Gelukkig kon Charmaine amper al die stories vertaal, die baklei met die motoriste het ons sommer self kon uitwerk.

P1120471

Dis eers wanneer mens in die perdekar ry en die perde bult op sukkel dat mens agterkom dis dorpie is nie plat nie.

. DSC_0019

Die strate is nou en die verkeersknope word deur die voetgangers en besoekers veroorsaak want daar is min voertuie wat rondry. Kyk net hoe word die winkels se name nog met hangbordjies geadverteer.

P1120464

Hierdie huisie is ‘n restaurant.

P1120484

Die “market square” is die plek waar al die feeste gehou was en nog steeds gehou word.

P1120480

Die stadsaal se trappies is ‘n baie gewilde “sitplek” vir die besoekers ook tydens die feeste. Die gebou is begin bou in 1250 nadat die vorige stadsaal afgebrand het

DSC_0082

P1120488

Sedert 1446 is water van ‘n fontein via kanele na die stad aangele en in 1608 is die fontein in sy huidige vorm ontwerp.

P1120522

Hierdie gebou is ‘n latynse skool van 1589 wat vandag deur die kerk as ‘n gemeenskapsentrum gebruik word.

DSC_0028

Een van die vele strate waar ons deur is. En mense daar is interessante winkels. Die kinders wou nog die speelgoedwinkel besoek, maar na ons besoek aan nog ‘n Kersfeeswinkel was hulle te “moeg” vir winkels. Dis nogal iets wat mens ampertjies nie kan glo nie.

DSC_0033

Die Kerswinkel …… iets soos ek in my lewe nog nie gesien het nie, en sekerlik ook nie weer nie. Drie vlakke wat net aanhou en aanhou met die mooiste kersversierings wat jy aan kan dink. Ek wens ek kon bietjie foto’s binne neem. Hier staan die kinders by die geskenke trok voor die winkel. Net om ‘n idee te kry loer bietjie hier op die webblad hoe dit binne lyk.

P1120493

Darem vinnig by die teddiebeer winkel ingeloer ook.

P1120479

En mens kan ook nie vergeet dat die Swartwoud natuurlik bekend is vir sy koek-koek horlosies en by een so ‘n winkel het ons ingegaan en ons verkyk aan al die horlosies en watter mannetjie wat doen wanneer die horlosie slaan.

DSC_0089

Die ou stadsmuur wat reg rondom die dorp gebou was vir beskerming en ons gaan bietjie loer hoe lyk dit vanaf die muur.

DSC_0092

Daar is nie regtig baie spasie om te loop nie en mens kan half dink hoe die soldate daar gestaan het om die plek te beskerm.

P1120512

Hulle het deur hierdie loergaatjies gestaan en kyk of iemand hulle dorpie bedreig.

P1120560

Kyk net hoe is van die huisie binne in die muur gebou. Met die herstel van die muur na die wereldoorlog het hulle naamplaatjies opgesit van mense wat donasies gegee het en vandag weer is hulle besig met 'n projek om te soek vir skenkers sodat die muur reggemaak kan word.

DSC_0052

Aan die bokant van die dorp net buite die muur kry mens die Burggarten 'n ongelooflike mooi groen park. Mens kan ver afkyk na die Tauber rivier en van die klein huisies en meule. Ek lees van hulle word selfs nog vandag gebruik.

P1120507

In die park is die Blasiumskapelle wat omtrent al gebou is wat na die aardbewing in 1356 bly staan het. Vandag is dit 'n gedenkplek vir almal wat dood is tydens die wereldoorloe met 'n gedenksteen voor die gebou wat die Joodse gemeenskap ook onthou.

P1120529

Hier is baie kerke in die dorpie, maar 'n besoek aan die Jakobskirche is 'n moet. Hierdie kerkie is gebou op die plek waar die oorspronklike parish kerk was en bouwerk is rondom 1311 begin. Daar is pragtige glasvenster waarvan hierdie een "Luther window".

P1120533

Hierdie word die Holy Blood altar genoem met ongelooflike houtwerk en 'n goue kruis.

P1120535

Dis baie moeilik om die kerk regtig met foto's te wys. Hier kan julle sien hoe klein die dogters lyk teen die ongelooflike groot vensters en beelde.

DSC_0069

Behalwe al die ongelooflike skilderye, beeldhou- en argitektuur is die kerk ook deesdae bekend vir sy orrel. Die nuwe orrel is i 1968 in gebruik geneem en het oor die 5000 pype. Ek dink hulle het gese 5155 of so. (Maat help?) Kan julle dink watter klank daaruit moet kom.

DSC_0073

Die meisies lees mooi die handleiding om alles in te neem.

DSC_0086

Nog 'n kerkie wat ons net van buite beloer is die Worlfgang of Shepherds kerk wat net buite die stadsmure gebou is.

P1120550

Dit het nogal 'n rustiger gevoel met die groen en water.

Page3

Een van die dorpie se spesialiteite is schneeballers wat sulke groot "koekballe" is in verskillende gure. Natuurlik moet elkeen een kry, maar foto's is nie geneem nie.

Dan is dit ete en na 'n lang dag van baie loop die pad terug. Lekker as mens agter in die motor kan sit en bietjie rus :-)

Nouwel 'n dag laat, maar geniet die Lente daar in SA. Ons het nog 'n paar dae van somerseisoen oor!

Liefde